Menu terloops

Never Have I Ever S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 12 Aug 2022]


Die derde seisoen van die tienerkomediereeks, ‘Never Have I Ever, is nou op Netflix beskikbaar om te stroom – en met ’n punt van 94% op Rotten Tomatoes, moet jy weet dis die kyk werd.

Never Have I Ever S1-3
Kyk lokprent

Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie Never Have I Ever is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… Daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi (Maitreyi Ramakrishnan) en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan. 

Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word. 

Die reeks het ’n punt van 94% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus wat lui: “(Die reeks) se vars aanslag op die coming-of-age-komedie is sotlik eerlik, lieflik slim en kykers sal waarskynlik halsoorkop verlief raak op die bekoorlike nuweling, Maitreyi Ramakrishnan.”

Never Have I Ever
Maitreyi Ramakrishnan as Devi en Romona Young as Eleanor in Never Have I Ever. Foto: Solanki/Netflix © 2022

Tarren-Lee Habelgaarn skryf oor die reeks:

Devi, die hoofkarakter, is ’n uitgesproke tiener wat haar plekkie in die wêreld probeer vind. Haar familie is van Indië, maar het Amerika toe getrek vir ’n beter lewe. Devi was nog altyd ’n bietjie anders en sukkel om ’n brug tussen die twee kulture vind, maar haar wêreld word heeltemal omgedol as haar pa sterf.

Die derde seisoen is vanaf 12 Augustus op Netflix beskikbaar.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies