Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, My naam is Farah, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.
Die laaste episodes van My naam is Farah word vandeesmaand uitgesaai, waarna dit deur ’n Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, vervang word.
Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand kan verwag.
Maandag, 3 Maart
Gönül is oortuig dat Mehmet sielkundige hulp nodig het omdat hy so irrasioneel optree. Tahir aanvaar Orhan se versoek om saam te werk… Mits Farah niks van die gesprek weet nie.
Dinsdag, 4 Maart
Farah word deur Orhan gedwing om deel van sy onderduimse planne te word. Tahir probeer haar ten alle koste te beskerm, terwyl sy broer al dieper in die moeilikheid raak.
Woensdag, 5 Maart
Bekir vertel vir Mehmet dat Ilyas deur Orhan ontvoer gaan word. Mehmet wond Ilyas en hy word na die hospitaal gebring waar Farah hom moet opereer.
Donderdag, 6 Maart
Mehmet trek vir Tahir vas en arresteer hom. Salim onderskep hulle en oortuig vir Tahir om die polisie onder Mehmet se waaksame oog te help en die tronk vry te spring.

Maandag, 10 Maart
Farah en Tahir kom elkeen vir verskillende redes doodmoeg by die huis ná ʼn lang dag. Kerim is baie opgewonde dat hy kan skool toe gaan. Mehmet vra vir Bade om te trou.
Dinsdag, 11 Maart
Tahir is in twee geskeur oor die versending van Iran af. Hizir en Bekir stel hulself in gevaar om die dag te probeer red, en Behnam word in ʼn hoek vasgedruk.
Woensdag, 12 Maart
Farah is geskok wanneer sy uitvind dat Tahir die skuld vir haar dade op homself neem. Tahir het ʼn verrassing vir haar en Perihan speel ʼn rol om Mehmet en Bade te laat vrede maak.
Donderdag, 13 Maart
Tahir en sy manne wil ʼn besending goud oor die grens stuur en sodoende die aandag trek van die ontwykende mafia-baas wat almal van weet, maar niemand nog gesien het nie.
Maandag, 17 Maart
Tahir help Mehmet en Salim om die sindikaat te ontmasker. Farah probeer vir oulaas om Orhan te keer om inligting aan die polisie te oorhandig.
My naam is Farah word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Die laaste episode word op 17 Maart uitgesaai.