Menu terloops

MasterChef SA S4

Op DStv [Gepubliseer op 28 Feb 2022]


Agt jaar ná die afloop van die derde seisoen is ‘MasterChef SA’ uiteindelik terug op die kassie.

Kyk nou

MasterChef SA S4
Kyk lokprent

In die vierde reeks van MasterChef SA, spook 20 deelnemers oor die loop van 20 episodes sake in die kombuis uit. Maar dis nie net die gesogte titel as “Suid-Afrika se MasterChef” op die spel nie. Die deelnemers ding ook vir ’n koel R1 miljoen mee.

Die deelnemers sluit onder meer ’n rekenmeester, ’n tandarts, en ’n marienebioloog in. Hul ouderdomme wissel van 19 tot 49 jaar oud. 

Die beoordelaarspaneel bestaan uit plaaslike sjef en kosstilis Zola Nene, Grègory Czarnecki, die voormalige hoofsjef by The Restaurant by Waterkloof, en Justine Drake, redakteur van Pick n Pay se Fresh Living-tydskrif.

Kyk die langverwagte vierde reeks van MasterChef SA op M-Net, DStv-kanaal 101 en DStv Online. Vier episodes per week van Maandag tot Donderdag oor die loop van vyf weke.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies