Menu terloops

MasterChef SA S4

Op DStv [Gepubliseer op 28 Feb 2022]


Agt jaar ná die afloop van die derde seisoen is ‘MasterChef SA’ uiteindelik terug op die kassie.

Kyk nou

MasterChef SA S4
Kyk lokprent

In die vierde reeks van MasterChef SA, spook 20 deelnemers oor die loop van 20 episodes sake in die kombuis uit. Maar dis nie net die gesogte titel as “Suid-Afrika se MasterChef” op die spel nie. Die deelnemers ding ook vir ’n koel R1 miljoen mee.

Die deelnemers sluit onder meer ’n rekenmeester, ’n tandarts, en ’n marienebioloog in. Hul ouderdomme wissel van 19 tot 49 jaar oud. 

Die beoordelaarspaneel bestaan uit plaaslike sjef en kosstilis Zola Nene, Grègory Czarnecki, die voormalige hoofsjef by The Restaurant by Waterkloof, en Justine Drake, redakteur van Pick n Pay se Fresh Living-tydskrif.

Kyk die langverwagte vierde reeks van MasterChef SA op M-Net, DStv-kanaal 101 en DStv Online. Vier episodes per week van Maandag tot Donderdag oor die loop van vyf weke.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies