Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Feb 2022]

Wat om te kyk op DStv in Februarie 2022


Van die hoog aangeskrewe drama ‘The Responder’ tot die langverwagte terugkeer van ‘MasterChef SA’ tot die kassie – hier is van die hoogtepunte op DStv vandeesmaand.

Wat om te kyk op DStv in Februarie 2022

The Responder S1

Martin Freeman lewer uithalerspel in die vyfdelige BBC One-drama, The Responder, as Chris Carson, ’n polisiebeampte in troebel water wat net-net hard genoeg skop om nie te sink nie.

Die reeks speel in Liverpool af en is die eerste draaiboek van Tony Schumacher, self ’n voormalige Liverpool-polisiebeampte. Volgens Schumacher is die reeks fiktief, maar is wél geïnspireer deur die daaglikse uitdagings wat hy in die gesig gestaar het.

Die storie volg Carson op sy nagskofte en ons sien hoe hy telkens tot op die rand van ’n senu-ineenstorting gedruk word. 

Buiten die bekroonde Freeman, sluit die rolverdeling ook vir Adelayo Adedayo, Ian Hart en MyAnna Buring in.

The Guardian is vol lof vir The Responder en skryf dat dit “so vinnig en meesleurend as ’n riller, en so aangrypend soos ’n dokumentêr” is. 

The Responder het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Vanaf 3 Februarie op M-Net, DStv-kanaal 101 en DStv Online. Weeklikse episodes op Donderdae om 22:30.

Ragdoll S1

Die rillerreeks Ragdoll, gegrond op die gelyknamige boek deur Daniel Cole, draai om die polisieondersoek wat ná die moorde op ses mense volg.

Dié moorde is op ’n volgende vlak van grillerig – nie net is die slagoffers se liggame in stukke opgesny nie, verskillende dele daarvan is bymekaargewerk om een gruwelike lyk te skep. Vandaar dan die bynaam, Ragdoll.

Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en word vir gril-en-ril-aanhangers aanbeveel.

Vanaf 9 Februarie op M-Net, DStv-kanaal 101 en DStv Online. Weeklikse episodes op Woensdae om 22:30.

Grey’s Anatomy S18

Met die 18de seisoen van Grey’s Anatomoy het dit amptelik een van die langdurigste dramareekse ooit geword. 

En, ongelukkig, is die reeks deesdae net so eentonig as wat dit landurig is. Die storielyne is moeg geroteer en niks is meer ’n verrassing nie, wat nog te praat oor boeiend.

Dié seisoen was amper die reeks se laaste – die kykertalle is die swakste nog en dit is op die nippertjie vir ’n 19de uittog hernu.

Dis wel die moeite werd om die reeks te kyk as jy nie jou brein wil gebruik nie, jou traankliere oefening nodig het, of as jy ’n meesterklas in toneelspel, “Hoe om dieselfde karakter vir 5 miljoen jaar met oorgawe te vertolk á la Ellen Pompeo”, wil kyk. 

Meredith Grey (Pompeo) en haar kollegas se polse raak egter al swakker in die TV-wêreld se ongevallesaal en ons wag eintlik maar net vir die bekroonde mediese smartsaga om sy laaste asem uit te blaas. 

Vanaf 14 Februarie op M-Net, DStv-kanaal 101 en DStv Online. Weeklikse episodes op Maandae om 20:30.

MasterChef SA S4

Agt jaar ná die afloop van die derde seisoen, keer MasterChef SA uiteindelik tot die kassie terug.

Oor die loop van 20 episodes (vier episodes per week van Maandag tot Donderdag oor die loop van vyf weke) sal 20 deelnemers sake in die kombuis uitspook om R1 miljoen, asook die gesogte titel van MasterChef, in die sak te steek. 

Die deelnemers sluit onder meer ’n rekenmeester, ’n tandarts, en ’n marienebioloog in en hul ouderdomme wissel van 19 tot 49 jaar oud. 

Die beoordelaarspaneel bestaan uit plaaslike sjef en kosstilis Zola Nene, Grègory Czarnecki, die voormalige hoofsjef by The Restaurant by Waterkloof, en Justine Drake, redakteur van Pick n Pay se Fresh Living-tydskrif.

Vanaf 28 Februarie op M-Net, DStv-kanaal 101 en DStv Online. Maandae tot Donderdae om 18:00.

Nog hoogtepunte op DStv:

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

1 Februarie

  • Apocalypse: Hitler Takes on The East
  • Teenage Pregnancy S1
  • The Graham Norton Show S29

2 Februarie

  • Who Wants to Be a Millionaire with Jeremy Clarkson S2

3 Februarie

  • Panorama: Wild Weather: Our World Under Threat
  • 10 Years Younger in 10 Days S2

4 Februarie

  • Michelle Carter: Love, Texts & Death

5 Februarie

  • Close Calls: On Camera S8
  • Green River Killer – Hunting for The Monster

7 Februarie

  • Midsomer Murders S22
  • Jersey Shore Family Vacation S5
  • How I Caught The Killer S3

8 Februarie

  • Beyond the Unknown S2
  • Ken and Barbie Killers: The Lost Murder Tapes
  • Konings van Kitskos S7

9 Februarie

  • Stoofstories met Marinda S1
  • Doodgewone Jo S4
  • Anthony Bourdain – Parts Unknown S9

10 Februarie

  • America’s Got Talent S16

11 Februarie

  • The Masked Singer S6
  • Slim vang sy baas S3
  • Die PappaChef S1

12 Februarie

  • United We Fall S1
  • Late Bloomer (dieselfde dag ook op Showmax)

13 Februarie

  • Wild Mountain Thyme
  • The Green Planet
  • Celebrity Game Night S3
  • Released to Kill S1
  • Ilana Glazer Presents Comedy Earth

14 Februarie

  • Cold Justice S3
  • Station 19 S5

15 Februarie

  • Deal, Wheels & Steals S1

18 Februarie

  • Kevin Hart’s Muscle Car Crew

19 Februarie

  • Children of The Cult

20 Februarie

  • Call the Midwife S10
  • The Stand In
  • The Misfits

21 Februarie

  • Dogs Behaving (Very) Badly S1-3
  • Ready Set Reno S2
  • George Clarke’s Old House New Home S5

22 Februarie

  • Horizon – Dolly: The Sheep That Changed the World
  • Motor MythBusters S1

23 Februarie

  • Little Dogs, Big Personalities
  • Killer Britain with Dermot Murnaghan S2
  • Holmes Family Rescue
  • Detective Diaries
  • Money Hungry

25 Februarie

  • Last Week Tonight With John Oliver S9

26 Februarie

  • Lupin the IIIrd: The First
  • The United States vs Billie Holiday

27 Februarie

  • Superintelligence

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

Gesinsvermaak: Kyk dié 8 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Barbie’ tot ‘Fuller House’ – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lange skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Desember 2024

Amanda probeer realiteit ontwyk, terwyl Kyla se lewe ontrafel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Desember 2024

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van Netflix se rekordbreker-reeks, 'Squid Game'; die Afrikaanse reeks 'Spooksoeker'; en die skrywer Gabriel García Márquez se magnum opus, 'One Hundred Years of Solitude', wat in ’n uitsonderlike TV-reeks omskep is, tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié sewe kinkels in Desember

Kapenaars weet dat die Kaapse Dokter behoorlik moeilik in Desember kan word, maar vanjaar word ’n orkaan van donker wolke vol drama vir Ruiterbosch oor die vakansieseisoen in ‘Suidooster’ voorspel. 

Meer
Sien alle opsies