Menu terloops

Love Is Blind S1-5

Op Netflix [Gepubliseer op 26 Sep 2023]


15 mans en 15 vroue. Wie gaan “I do” sê voor die altaar en wie gaan droëbek alleen huis toe gaan in ‘Love is Blind’ se nuwe seisoen?

Love Is Blind S1-5
Kyk lokprent

Love Is Blind, meen The Guardian se Lucy Mangan, is “basies crack. Of meth. Of crack-meth. Jy gaan besluit om dit een aand vir vyf minute voordat jy gaan slaap te kyk, net om jouself steeds op die rusbank met sonsopkoms die volgende dag te vind.”

Só verslawend soos wat dié realiteitsreeks van Netflix is, is dit ook problematies in hoe dit verhoudings uitbeeld – soos wat die geval met meeste maatsoek-programme maar is. Hier gaan die skeppers egter ’n stappie verder met enkellopendes wat uiteindelik verloof raak sonder dat hulle ooit hul aanstaande in persoon ontmoet. 

Hoe werk dit?

Kom ons rewind gou. Dís hoe dit werk: Die reeks volg 15 mans en 15 vroue – almal woon min of meer in dieselfde gebied – wat vir tien dae ’n rits dates met mekaar in pods het, waar hulle met mekaar kan praat, maar nie vir mekaar kan sien nie.

Dié enkellopendes kan enige tyd vir wie ook al vra om te trou. Eers as daar ’n ja-woord vir ’n verlowingsaanbod gegee word, kan die paartjie mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet.

Daarna gaan die verloofde paartjies vort na ’n luukse couples retreat waar hulle mekaar beter leer ken en ook ander deelnemers ontmoet. 

Hokaai, dit eindig nie daar nie, die show het bene. Hierna trek die paartjie vir vier weke saam in en ontmoet mekaar se vriende en familie.

Die meer  ‘bleh’-deel van enige verhouding kom ook onder die loep. Jy weet, finansies, daai gewoontes wat jy eintlik wil wegsteek, moeilike besluite oor waar julle gaan woon, en en en… In die tyd beplan hulle ook hul troue wat aan die einde van die vier weke plaasvind. En daar by die altaar besluit hulle finaal of hulle “I do” gaan sê.


Episodes 1-4 van die vyfde seisoen is reeds vanaf 22 September 2023 op Netflix beskikbaar. Episodes 5-7 word op 29 September 2023 beskikbaar gestel. Seisoene 1-4 is ook op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies