Menu terloops
In Wat om te kyk [16 Jan 2023]

Lokprent: ‘DAM’ se tweede seisoen lyk ysingwekkend… nes ons van ons rillers hou


KYK NOU: Showmax het pas die eerste lokprent vir die tweede seisoen van die Showmax Original-rillerreeks, ‘DAM’, vrygestel.

Kyk solank DAM S1

Lokprent: ‘DAM’ se tweede seisoen lyk ysingwekkend… nes ons van ons rillers hou
Kyk lokprent

Die eerste episode van DAM se tweede seisoen is vanaf 16 Februarie op Showmax beskikbaar. Daarna sal nuwe episodes weekliks op Donderdae beskikbaar wees om te stroom.

Die reeks is deur die viermalige SAFTA-wenner, Alex Yazbek, geskep, met die eerste seisoen wat in 2021 vrygestel is. Die eerste seisoen tel dan ook onder die top-10 reekse met die meeste kykers op Showmax in 2021. Dit het ook die meeste benoemings vir ’n dramareeks by die 2022 SAFTA-toekennings ontvang. 

Vir die tweede seisoen keer Lea Vivier en Pallance Dladla terug as Yola en Themba. Natasha Loring hervat ook haar rol as Yola se suster, Sienna. Loring het ’n SAFTA vir dié vertolking gewen. 

Met die aanvang van die tweede seisoen is dit drie maande ná die gebeure van die Lentefees wat in die senutergende finale van die eerste seisoen afgespeel het. Dit lyk asof die kultusgroep se offerande gewerk het – reën het toe wel neergesak. Maar Yola onthou niks sedert haar terugkeer van haar pa se begrafnis nie. Kan sy die vermiste stukke bymekaar sit midde ’n dramatiese massagraf-ontdekking en ’n monster in die dam?

In die lokprent sien ons nog bekendes wat na die storie terugkeer, waaronder Antoinette Louw, Tarryn Wyngaard en Faniswa Yisa. Daar’s natuurlik ook Laudo Liebenberg as Rudy en Francis Chouler as Dirk, wie se liefdesdriehoek met Sienna hierdie seisoen nog meer ingewikkeld raak.

Kyk ook DAM S1 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies