Menu terloops
In TV [6 Jan 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op ‘Ander dam se eende’ met Brendan en Bobby


FOTO’S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper se nuwe kykNET-reeks, ‘Ander dam se eende’.

Deur Redaksie
Kyk nou: Agter die skerms op ‘Ander dam se eende’ met Brendan en Bobby

Bobby van Jaarsveld en Brendan Peyper het meer as 5 500 km deur die VSA afgelê en op talle verhoë gesing tydens die verfilming van hul eens-in-’n-leeftyd-musiekreis en nuwe kykNET-reeks Ander dam se eende. Dié eiesoortige road trip-reeks volg dié twee Afrikaanse sangers soos hulle van Nashville tot New York, en al die draaie tussenin, in ’n motorwoonwa deur Amerika reis en sing.

Hier is wat agter die skerms tussen takes gebeur het. 

(Alle foto’s is deur kykNET verskaf.) 


Ander dam se eende begin Maandag 12 Januarie om 21:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies