Menu terloops

Koppestamp S1

Op DStv [Gepubliseer op 26 Jul 2023]


In ‘Koppestamp’, kykNET se nuwe rugbyspeletjiesprogram, is daar 20 spanne, 13 episodes en R200 000 op die spel.

Kyk nou

Koppestamp S1
Kyk lokprent

Koppestamp is kykNET se nuwe rugbyspeletjiesprogram en, nes rugby, is dié kompetisiereeks ’n spansport.

In elkeen van die 13 episodes ding twee spanne met twee deelnemers elk in ’n rits verskillende speletjies teen mekaar mee om soveel moontlik punte op die telbord te kry. Die wenners van dié reeks gaan R200 000 in hul sak kan steek.

Vasvraspeletjies, raai-raai en soms ’n goeie skeutjie geluk maak van elke episode ’n pretgevulde avontuur.

Adrian Steyn (Getroud met Rugby) en Deoudoné van der Merwe (Horisonne) is die aanbieders van die program wat rugbyliefhebbers se kennis oor die sport op die proef stel.


Vanaf Woensdag, 26 Julie 2023, op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn) om 20:00. Koppestamp is ook op Catch Up ná die uitsending beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies