Menu terloops
In Wat om te kyk [10 Mar 2023]

‘Jy is my seun’, nuwe Turkse telenovela, op pad na kykNET&kie


Die oorgeklankte Turkse telenovela, ‘Jy is my seun’, vervang die gewilde ‘Kind van die Noodlot’ met akteurs soos Susan Coetzer, Claudia Jones en Lizelle Pike wat die Afrikaanse stemkuns behartig.

‘Jy is my seun’, nuwe Turkse telenovela, op pad na kykNET&kie
Kyk lokprent

Dis fluit-fluit-tyd vir die karakters van die gewilde Turkse telenovela, Kind van die Noodlot, terwyl nuwe dramas en intriges op kykers in die splinternuwe telenovela, Jy is my seun, wag.

Telenovelas uit Turkye hou kykers vasgenael voor die kassie – daarvan getuig hoë kykertalle, aldus kykNET – en met Kind van die Noodlot wat ná 148 episodes op 16 Maart om 20:00 tot ’n einde kom, is daar ruimte vir ’n vars sarsie intrige soos net die Turkse sepiemeesters kan.

Op 20 Maart om 20:00 ontmoet kykNET&kie-kykers dus ’n hele lot nuwe karakters in Jy is my seun, wat, soos die ander telenovelas op die kassie, na Afrikaans oorgeklank word.

Daar is net een onskuldige siel in die verhaal – ene jonge Efe. Dis dan ook om Efe wat die spil van die verhaal draai.

Die storielyn

Akça, ’n prostituut se dogter, word gedwing om haar seun deur ’n ryk familie te laat aanneem. Die seun, einste onskuldige Efe, se lewe by die Karasu-familie is egter ’n moeilike een synde sy aangenome ma, Şule, ’n kind van haar eie kry en Efe begin afskeep. Dinge raak net erger as die Karasu’s uitvind dat hul aartsvyand, Hasan, Efe se biologiese pa is. Hasan word uit die tronk vrygelaat en die eerste ding wat hy doen, is om Akça te gaan soek. Dít terwyl Akça self enigiets sal doen om die vyfjarige Efe terug te kry…

Wie is wie?

Die karakters in Jy is my seun beloof om weer kykers vasgenael te hou. Die Suid-Afrikaanse spelers wat vir hul stemme verantwoordelik is, sluit in:

  • Efe (Mehmet Emin Guney, stem deur Zach du Toit) is Akça en Hasan se biologiese seun, maar is deur die welgestelde Šule en Ali Kemal aangeneem.
  • Akça (Merve Çagiran, stem deur Claudia Jones) is Efe se biologiese ma. Sy het hom gehad toe sy 17 jaar oud was, maar het vir die pa van die kind, Hasan, en haar ma gesê die kind is by geboorte dood.
  • Ali Kemal (Serhat Teoman, stem deur Eddie de Jager) is Asiye se seun, Šule se man en Efe se aangenome pa. Hy glo egter hy is Efe se biologiese pa. Ali Kemal moes op ’n jong ouderdom die man van die huis word aangesien sy pa hulle verlaat het.
  • Šule (Ceyda Ates, stem deur Lizelle Pike) is getroud met Ali Kemal en is Efe se aangenome ma.
  • Hasan (Ismail Hacioglu, stem deur Reggie Hufkie) is ’n skurk en is obsessief oor Akça. Hasan is Efe se biologie pa, maar hy weet dit nie aangesien Akça gesê het die baba is by geboorte dood.
  • Asiye (Nazan Kesal, stem deur Susan Coetzer) het drie kinders – Hasan, Ali Kemal en Murat. Ali Kemal en Murat het dieselfde pa, maar sy hou Hasan geheim van almal. Ali Kemal en Murat weet dus nie hulle aartsvyand is hulle broer nie.
  • Murat (Kenan Acar, stem deur Donovan Petersen) is Asiye se jongste seun. Hy is onbewus van al die familie se geheime.
  • Emine (Nimet Iyigün, stem deur Natasja Jacobs) is in haar vyftigs en sal enigiets doen vir geld… Selfs om haar dogter, Akça, aan Hasan te verkoop.

Jy is my seun begin op Maandag 20 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145 en DStv Online). Dit word Maandae tot Donderdae uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies