Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.
Maandag 1 Desember
Gloria nader Hazel met ’n desperate versoek. Erica herontdek ’n deel van haar ma wat sy lanklaas gesien het. ’n Dag vol druk en stres laat vir Lukas iets roekeloos doen.
Dinsdag 2 Desember
Kevin is bekommerd as Gloria die huis onnodiglik skrop. Louis, Amber en Ragel maak reëlings vir die oudisies. ’n Besorgde Hazel hou Junior dop.
Woensdag 3 Desember
Erica, Wayne en Kevin maak planne om vir Gloria te help aanbeweeg. Gloria moet Hazel se geheim beskerm. Patty en Lukas se verhouding blom maar Erica is steeds onseker.
Donderdag 4 Desember
Patty en Lukas beleef ’n passievolle oomblik. Die a capella-groep het hul eerste repetisie. Gloria moet ’n moeilike besluit oor haar toekoms neem.
Maandag 8 Desember
Patty en Lukas maak vrede, en hy nooi haar vir ’n wegbreek. Die kerk se sanggroep kry onverwags ’n nuwe lid. Gloria maak emosioneel gereed vir haar afskeidseremonie.
Dinsdag 9 Desember
Patty kry ’n verrassing van Lukas terwyl daar ’n ander verrassing vir Gloria beplan word. ’n Baie ongewone seremonie speel hom by die blommemark af. Ragel se strategie werk uit.
Woensdag 10 Desember
Patty en Lukas maak gereed om weg te gaan. Junior ontmoet vir Willem-Wolf… Louis se keel en stem begin effens moeilikheid gee tydens a cappella-kooroefening.
Donderdag 11 Desember
Patty word vasgebind in ’n afgeleë huis wakker. Besem vind ’n vreemde brief in Lukas se kamer. ’n Ramp tref die a capella-sanggroep se voorbereiding.

Maandag 15 Desember
Junior verdiep hom in die Wakker Wolwe se filosofie. Jasmine hoor iets wat haar jaar maak. Patty probeer haar bes om tot Lukas deur te dring.
Dinsdag 16 Desember
Patty vind uit wie haar en Lukas gevange hou. Christine het ’n nuwe plan om vir geraamtes in die Louw-familie se kas te soek. Junior is al meer met Willem-Wolf behep.
Woensdag 17 Desember
Ruan werk oortyd om vir Patty te vind. Lukas moet uiteindelik die moeilike besluit maak. Jasmine oortuig Hazel om Ronnie se spreekkamer uit te klaar.
Donderdag 18 Desember
Ruan en sy span probeer Patty en Melanie red. Ragel beleef ’n aaklige herinnering uit haar verlede. Hazel probeer vrede met Junior maak.
Maandag 22 Desember
Hayley is alweer besig met haar plannetjies, maar dit loop nie so goed af nie. Ragel stoei met ’n moeilike herinnering. Ruan ondervra vir Kobus en Melanie.
Dinsdag 23 Desember
Ragel is skielik baie stil en niemand weet hoekom nie. Patty oorweeg om ’n groot stap te neem en dit ontstig Manny.
Woensdag 24 Desember
Patty het haar besluit gemaak. Gloria wonder oor Kevin se familie. Ragel se ou wonde word oopgekrap. Die Louw-gesin deel ’n warm, teer oomblik terwyl hulle die Kersboom versier.
Donderdag 25 Desember
Kobus maak ’n skokkende ontdekking oor Melanie. Ragel neem ’n dapper besluit. ’n Verrassende nuwe besoeker daag op.
Maandag 29 Desember
Junior sien iets wat hom geweldig ontstel. Kobus en Patty deel ’n laaste, intense oomblik voor hy terug Kaap toe gaan. Kevin vertel vir Gloria van hom en Jessie se geskiedenis.
Dinsdag 30 Desember
Junior se intense belang in Willem-Wolf groei. Kevin vertel vir Erica van sy en Jessie se geskiedenis. Jasmine por Tillie aan oor wanneer sy en Manny hul verhouding verder gaan vat.
Woensdag 31 Desember
Die Louw-vroue ontferm hulself oor JP en Junior ná hulle beroof word. Patty besluit om in Kobus se guns te getuig. Manny bespreek sy verhoudingsprobleme met Ruan en Patty.
Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.










