Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.
Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Plaas van passie kan verwag.
Maandag 1 September
Die nuus versprei dat Agatha in die tronk was. Agatha en Antonio trou, maar nie almal is gelukkig daaroor nie.
Dinsdag 2 September
Aline word deur Ramiro ontvoer en deur Antonio gedreig en hy skiet op haar terwyl sy weghardloop. Sy gaan terug na Gentil en vra of sy die wapen kan kry wat hy vroeër aangebied het.
Woensdag 3 September
Aline word aangekla daarvan dat sy vir Antonio geskiet het. Caio kry die nuus dat hy pa gaan word.
Donderdag 4 September
Aline word vrygelaat op borg nadat sy hartroerende vertoë tot die regter rig. Marino probeer agter die waarheid kom en hy wil by Ramiro uitvind of hy teenwoordig was tydens die skietery.
Maandag 8 September
Lucinda is geskok as Berenice vertel dat Anely haarself op ʼn webwerf ontklee. Marino vra Tadeu om te help met ʼn lokval om Sidney te vang, maar Tadeu besluit om hom te laat vermoor.
Dinsdag 9 September
Irene is vreesbevange dat Sidney gearresteer kan word. Anely vra vir Luigi om met Tadeu te praat oor haar rol in die opkomende fliek.
Woensdag 10 September
Daar woed ʼn storm in die lug en op die grond. Agatha stoom voort met haar planne om te kry wat sy wil hê. Irene tref reëlings om vir Sidney uit die tronk uit te kry,
Donderdag 11 September
Dit lyk of Agatha vir Antonio vergiftig met ʼn spesiale tee. Sy dwing hom ook om dokumente te onderteken wat sy landgoed aan haar bemaak.
Maandag 15 September
Angelina kry van die kruie wat Agatha vir Antonio ingee en Caio neem dit vir Jurece wat bevestig dat dit gif is.
Dinsdag 16 September
Tydens die lykskouing word vasgestel dat Agatha se dood enige van drie oorsake kan hê. Caio wil by Helio uitvind wie hul ma regtig was.
Woensdag 17 September
Irene veroorsaak groot drama by ʼn partytjie wat Antonio hou ter viering van homself. Petra sukkel om haar gevoelens vir Helio te verwerk, want sy voel skuldig oor iets.
Donderdag 18 September
Antonio val amper flou toe hy uitvind dat Aline ʼn tweeling verwag en dat Caio die pa is. Hy gee Silverio opdrag om ʼn reddingsplan te beraam.
Maandag 22 September
Gladys en Tadeu se huwelik eindig terwyl Lucinda en Marino s’n begin. Die klomp van die kroeg probeer ʼn fliek maak. Aline vind ʼn wegkruipplek, en Dirceu teister steeds vir Petra.
Dinsdag 23 September
Caio vat vir Aline na die klooster toe en hulle neem swaar afskeid. Petra en haar vriendinne beplan saam met Marino om ʼn lokval vir Dirceu te stel en Anely het ʼn baie goeie plan daarvoor.
Woensdag 24 September
As gevolg van Petra se dapper optrede, word haar verkragter gearresteer. Petra lig haar ouers in dat haar en Luigi se paaie gaan skei.
Donderdag 25 September
Antonio reik uit na Berenice om hom te help om Aline te vind. Marino maak ʼn punt daarvan om uit te vind wat Agatha aan die pers bekend wou maak die aand van haar dood.
Maandag 29 September
Ramiro ontvoer Aline en ʼn nonnetjie uit die klooster en steek hulle op ʼn plaas weg. Hy verander van hart wanneer Aline hom daarvan beskuldig dat hy boos is.
Dinsdag 30 September
Ramiro probeer om Aline en die non uit Antonio se kloue te kry, maar word in die proses afgeransel en vir dood langs die pad gelos. Natercinho vra Anely om te trou.
Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.