Menu terloops
In Kykgidse [1 Dec 2025]

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir Desember 2025


Dis nie maanskyn en rose tussen Doğa en Fatih nie en Nursema waag groot… Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op ‘Dikker as water’-kykers wag.

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir Desember 2025
Kyk lokprent

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, Dikker as water, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Hier is ’n voorsmakie van wat in Desember op Dikker as water-kykers wag.

Maandag 1 Desember

Nursema wil ’n paar van haar kunswerke uitstal met behulp van Umut, maar Pembe is nie gelukkig nie en hulle argumenteer. Doğa reël ’n verrassingspartytjie vir Fatih se verjaarsdag by die kantoor.

Dinsdag 2 Desember

Omer konfronteer vir Kayhan oor sy vennootskap met Fatih en Kayan saai onmin tussen Fatih en sy oom.

Woensdag 3 Desember

Doğa en Fatih gaan eet aandete saam met Fatih se vriend Ilhan, en hy ontstel Doğa met sy sekistiese grappe. Selfs nog meer ontstellend vir Doğa is Fatih se fassinasie met Ilhan, en hoe hy lag vir sy grappe.

Donderdag 4 Desember

Kıvılcım spreek haar huiwering teenoor Fatma uit om die verhouding met Omer verder te laat gaan. Fatih breek die nuus aan sy gesin dat hy ʼn hotel gekoop het.

Maandag 8 Desember

’n Kultuurbotsing onder ’n boom, Fatih deel ongemaklike nuus, Alev het miskien muisneste, en Nursema maak ’n gewaagde skuif. 

Dinsdag 9 Desember

Terwyl Omer en Kıvılcım hul eerste nag saam spandeer, stap Leman en Metehan by Omer se huis in, tot Omer en Kıvılcım se groot onsteltenis.

Woensdag 10 Desember

Nilay wil haar goue armbande verkoop om kapitaal te kry vir haar en Mustafa se nuwe besigheid. Cimen waarsku Metehan dat Ceylan ’n verleidster is wat mans se geld afrokkel. 

Donderdag 11 Desember

Die hele familie is opgewonde om uit te vind wat die geslag van Doğa se baba is. Mustafa is bekommerd dat Abdullah sal uitvind hulle het gelieg oor die verkoop van die seiljag.

Maandag 15 Desember

Alev tref ’n motorfietsryer en Abdullah kom tot haar redding en sorg dat sy nie blameer word nie.

Dinsdag 16 Desember

Wanneer Pembe uitvind dat Nursema vir Umut in die geheim ontmoet, en beplan om ’n uitstalling saam te hou, besluit sy om ’n einde daaraan te maak.

Woensdag 17 Desember

Leman daag by Pembe op om te kom skinder oor hoe sy vir Kıvılcım geklap het. Doğa en Fatih koop meubels vir die babakamer.

Donderdag 18 Desember

Umut pak af by Alev, Pembe bied ’n groot gebedsgeleentheid aan, Omer is op sy einde met Leman, en daar is groot ontsteltenis oor ’n vark.

Maandag 22 Desember

Ná die muurpapier-voorval, is Doğa vas van plan om te skei. Sonmez deel haar wysheid met Doğa, terwyl Fatih by Omer gaan aanklop om raad.

Dinsdag 23 Desember

’n Hartseer Doğa sê vir Fatih dat sy weier om terug te gaan na sy ouerhuis en sy wil skei. Alev is baie opgewonde om uit te vind dat Nursema nie verloof is nie en sy vertel Umut daarvan.

Woensdag 24 Desember

Doğa besluit sy gaan skei van Fatih. Mustafa besluit hy en Nilay moet die huis verlaat.

Donderdag 25 Desember

Mustafa en Nilay hoop om in Kayhan se hotel te gaan bly, maar hy bel vinnig vir Doğa om hom te kom red, en sy word gedwing om hulle by Kıvılcım te laat intrek.

Maandag 29 Desember

Almal is verbaas oor Mustafa se talente in die kombuis – almal behalwe Pembe natuurlik. Fatih gaan tot uiterstes oor om te probeer wegsteek dat Doğa die huis verlaat het.

Dinsdag 30 Desember

Fatih probeer steeds vir Doğa sagmaak, Umut draai by die dood om, Kayhan grawe vir homself ’n groot gat en Abdullah en Alev tel weer hul vriendskap op.

Woensdag 31 Desember

Ecem kom vertel vir Pembe wat Kayhan se intensies is. En so kom vertel Leman ook dat Omer ’n verhouding het met Alev.


Dikker as water saai weekliks van Maandae tot Donderdae uit om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies