Menu terloops
In Sepies [29 Sep 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Oktober 2025


Sanet se lewe dreig om heeltemal te ontspoor ná die troue-drama en Juvan kry homself in die moeilikheid. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Oktober 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Woensdag 1 Oktober  

Johan en Karla is bekommerd oor Sanet. Nina moedig Hanneli aan om haar poësie op te voer. Juvan is op die afdraande pad.

Donderdag 2 Oktober 

Danie smeek Hanneli om by die huis te bly. Anja het ’n uitstekende idee om swemmers na Swarts & Swarts te lok. Juvan druk sy woede uit teenoor Fourie.

Maandag 6 Oktober 

Jacques vind uit van die Swartmarlyne Opedag. Hanneli geniet haar vryheid, maar Sanet verval dieper in duisternis.

Dinsdag 7 Oktober 

Juvan saai verwoesting, Gys en Nina is bekommerd. Sanet ontvang ’n onverwagse geskenk. Zelda bevind haarself weer terug op Gys se erf.

Woensdag 8 Oktober 

Karla verloor geduld met Sanet. Nina sien ’n ander kant van Juvan. Gys sien vir Zelda op sy perseel en konfronteer Pam daaroor.

Donderdag 9 Oktober

Nina is raadop met Juvan, en Sanet haal haar frustrasie op Anja en Rossouw uit. Siseko beïndruk Pam met sy onderhandelingsvernuf.

Maandag 13 Oktober 

Gys is bekommerd oor Juvan. Anja en Karla probeer Sanet van depressie red. Dis die opedag by die swembad.

Dinsdag 14 Oktober 

Rossouw vra Anja om verskoning. Juvan trek voordeel uit Gys wat nie tuis is nie, en Zelda is verras wanneer Frans by die salon opdaag.

Woensdag 15 Oktober 

Sanet verval weer in haar ou gewoontes, en iemand daag op om Anja te verras. Juvan verloor meer as wat hy ooit gedink het hy sal.

Donderdag 16 Oktober

Juvan probeer regmaak wat hy verbrou het, en Josh irriteer vir Rossouw. Zelda en Frans speel steeds speletjies.

Maandag 20 Oktober 

Juvan probeer vir Gys beïndruk. Josh vryf vir Rossouw verkeerd op, en Sanet val dieper in ’n donker gat.

Dinsdag 21 Oktober 

Nina maak ’n skokontdekking, en Frans verras Zelda. Sanet probeer haar bes om voor te gee alles is in orde.

Woensdag 22 Oktober 

Nina is bekommerd oor Juvan, en Gys wonder wat tussen Zelda en Frans besig is om te gebeur.

Donderdag 23 Oktober 

Sanet sukkel om voor te gee en Rossouw moet homself in toom hou wanneer hy Anja en Josh saam sien. 

Maandag 27 Oktober 

Arno bevestig sy vermoedens oor Sanet, en Frans verras die Swarts-broers met ’n aangename aanbod.

Dinsdag 28 Oktober 

Sanet maak leë beloftes. Anja maak dit duidelik aan Rossouw dat sy reeds haar keuse gemaak het, en Juvan kry homself in die moeilikheid.

Woensdag 29 Oktober 

Juvan is in gevaar – Gys moet hom help. Zelda is kwaad vir Frans, en Sanet belowe dinge sal verander.

Donderdag 30 Oktober 

Sanet neem ’n onverskillige besluit, en Juvan probeer sy bes om met Nina te versoen. Zelda is seergemaak en het ’n uitval met Frans.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies