Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Aug 2024]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir September 2024


Tracy se senuwees is aan flarde en Uys stry teen sy ware gevoelens. Dít en nog meer is waarna ‘Binnelanders’-kykers in September kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir September 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Maandag, 2 September

Annetjie vat, tot Delia se groot verligting, Binneland se leisels vas. Rian en Tertius konfronteer vir Stewart, en is geskok deur sy antwoord. Ella vind uit LJ is siek, en is woedend vir Joe.

Dinsdag, 3 September

Delia weet nie hoe om Annetjie se ywerigheid te beheer nie. Tertius en Rian sukkel om Gaby van hulle vermoedens rondom Malik se moord te oortuig.

Woensdag, 4 September

Gaby probeer haar bes om Rian en Tertius te oortuig dat hulle verkeerd is. Ella probeer ’n vreesbevange LJ gerusstel. Annetjie maak nuwe vyande.

Donderdag, 5 September

Gaby wil vir Stewart konfronteer. Delia spreek vir Annetjie aan, en LJ vertel vir Joe meer van homself.

Vrydag, 6 September

Rian besef hy gaan die konsortium moet rapporteer, en Gaby sing skielik ’n ander deuntjie. LJ beland in die ongevalle-eenheid, en die skuldige word betrap.

Maandag, 9 September

Tracy het ’n moeilike dag met Leah, en dan word sy boonop deur die bank geteister. Karen voel al meer bedruk deur haar daaglikse roetine. Delia wonder oor Conrad. 

Dinsdag, 10 September

Tracy soek desperaat na antwoorde oor die raaiselagtige geld in haar bankrekening. Karen is reg vir ’n nuwe hoofstuk in haar lewe. Thalia wil vir LJ na haar matriekafskeid toe te vra.

Woensdag, 11 September

’n Misverstand veroorsaak verwarring tussen Delia en Conrad wanneer hy van Nairobi terugkeer. Tracy kan haar ma nie opspoor nie, en neem ’n besluit wat Tertius ontstig.

Donderdag, 12 September            

Tracy probeer desperaat om haar ma op te spoor. Uys verklap per ongeluk sy grootste geheim, en Thalia neem ’n besluit oor haar matriekafskeid.

Vrydag, 13 September

Uys besef Karen het iets gesien. Conrad kom agter Max het ’n paar veranderinge gemaak. Tracy glo nie ’n woord wat uit haar ma se mond kom nie. 

Maandag, 16 September

Tertius voel vasgevang. Die Binnelanders groet een van hulle geliefde kollegas. Conrad se vreemde gedrag frustreer vir Delia.

Dinsdag, 17 September

Elise is bekommerd oor Uys se gemoed. Annetjie is effe oorweldig deur ’n belangrike taak wat Delia vir haar gee. Thalia en LJ is albei ewe ongemaklik met mekaar.

Woensdag, 18 September

Nie almal is ewe gelukkig met Elise se nuwe aanstelling nie. Uys doen ’n ongemaklike besering op, en Louis se ma het ’n verrassing vir hulle. Joe se ma ontsenu vir Tracy. 

Donderdag, 19 September

Tracy se senuwees is aan flarde oor ’n ondersoek, en Thalia besluit ’n boer maak ’n plan. Uys en Elise het albei ’n stryd om hulle ware gevoelens in die gesig te staar.

Vrydag, 20 September

Delia konfronteer Elise oor ’n pasiënt se klagtes, en Louis probeer sy bes om Naomi weg te voer na ’n romantiese eiland. 

Maandag, 23 September

Yvonne se ondersoek raak by die dag meer interessant, en Uys besef hy is nie uitgeknip vir chirurgie nie. Conrad nooi Ella en LJ vir aandete, en Annetjie hoor daarvan. 

Dinsdag, 24 September

Aanhoudende ontkenning begin sy tol op baie mense eis. Thalia ontwyk ’n ongemaklike situasie. Uys besef hy moet ten alle koste besig bly.

Woensdag, 25 September

Uys werk harder en harder, en Ella vermoed LJ en Thalia hou meer van mekaar as wat hulle voorgee. Annetjie is gedrewe om Conrad en Delia se persoonlike probleme met mekaar aan te spreek.

Donderdag, 26 September

Kaptein Olivier bars ’n bom.  Uys heroorweeg sy loopbaankeuse nadat hy besef hy het ’n slag met kinders. Delia vis by Ella oor haar “verhouding” met Conrad. 

Vrydag, 27 September

Lukas sit stukke van ’n bedrog-legkaart bymekaar wat skokkende feite openbaar. Tracy is op breekpunt. Conrad speel ’n ongewone rol in Thalia en LJ se lewens. 

Maandag, 30 September

Conrad is desperaat op soek na iemand om Thalia te help inkopies doen, en Annetjie beleef ’n baie hartseer dag. Joe en Fiona ontmoet weer.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies