Menu terloops
In TV [27 Nov 2025]

Kyk nou: Is Amerika werklik die ‘Beloofde Land’? Rian van Heerden se nuwe dokkiereeks stel ondersoek in


“Die verfilming van hierdie reeks het my baie gehelp met my eie worstelinge oor Suid-Afrika en sy toekoms. Ek dink elke kyker sal, soos ek, ná hierdie reis werklik genoeg insig hê om eerlik oor hul eie toekoms te besluit,” vertel TV-skepper Rian van Heerden oor sy nuwe reeks, ‘Beloofde Land’. 

Kyk nou: Is Amerika werklik die ‘Beloofde Land’? Rian van Heerden se nuwe dokkiereeks stel ondersoek in
Kyk lokprent

Is Amerika werklik die land van hoop en drome? Of bloot die volgende hoofstuk in Suid-Afrikaners se soeke na veiligheid en stabiliteit? In Beloofde Land, ’n nuwe dokumentêre reeks van ses episodes wat vanaf Januarie op kykNET uitsaai, reis Rian van Heerden deur Suid-Afrika en die VSA om hierdie omstrede onderwerp vanuit alle hoeke te ondersoek.

Luidens ’n mediaverklaring, delf dié reeks in die lewens van Suid-Afrikaners wat die sprong na Amerika reeds gemaak het, of tans oorweeg. Dit kyk dan ook na hoe dié besluit hul identiteit, veiligheid, finansies en menswees beïnvloed het. 

Rian en sy span het eksklusiewe toegang gekry tot mense en gemeenskappe wat selde bereid is om hul stories op kamera te deel. Deur middel van gesprekke, deeglike ondersoeke en vergelykings tussen die twee lande, word temas soos vrees, hoop, verlies, isolasie, oorlewing en nuwe beginne oor die loop van ses episodes verken.

“Die verfilming van hierdie reeks het my baie gehelp met my eie worstelinge oor Suid-Afrika en sy toekoms. Ek dink elke kyker sal, soos ek, ná hierdie reis werklik genoeg insig hê om eerlik oor hul eie toekoms te besluit,” sê Rian.

Hoekom nou dié reeks?

Emigrasie na die VSA is al dekades lank deel van die Suid-Afrikaanse verhaal. Maar toe president Donald Trump ’n uitvoerende bevel onderteken het wat aan Afrikaners spesiale vlugtelingstatus gee, het die debat weer opgevlam.

Van die grootste redes waarom Suid-Afrikaners die land verlaat, kom onder die loep wanneer slagoffers van traumatiese plaasaanvalle en ander gewelddadige misdade hul stories deel. Rian vind ook uit of van Suid-Afrika se grootste boere beplan om te bly of te gly.

In Amerika gesels hy ook met Suid-Afrikaners wat vrywillig daarheen verhuis het, hetsy om professionele redes of as deel van die H2A-program, waarmee ’n groot aantal jong Afrikaanse boere na Amerikaanse plase gelok word. En dan is daar dié wat glo hulle het geen ander keuse gehad as om Trump se aanbod te aanvaar en as vlugtelinge te vertrek nie.

“Dit was vir my treffend hoe Suid-Afrikaners in Amerika, selfs ná jare daar, steeds iets mis. Iets is nie daar nie. Selfs in dié land, ooglopend van melk en heuning, kan baie van hulle dit nie vind nie. Dit was soms geweldig moeilik om met hulle te gesels, ook met diegene wat President Trump se aanbod aanvaar het. Dit was asof heelwat van hulle se antwoorde op my vrae op ’n punt begin ooreenstem het,” sê Rian.


Beloofde Land begin op 7 Januarie om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies