Menu terloops
In Sepies [17 Mei 2023]

Illse Roos se Rita keer terug na Ruiterbosch in ‘Suidooster’


Sepiekykers het waarskynlik gedink dinge gaan dalk vir ’n tydjie windstil raak in ‘Suidooster’, maar dit lyk of daar ’n stormagtige winter aan die broei is met Rita (Illse Roos) se terugkeer na Ruiterbosch.

Kyk nou

Illse Roos se Rita keer terug na Ruiterbosch in ‘Suidooster’

Kykers kom nog tot verhaal ná die afsterwe van ’n geliefde karakter in Suidooster, maar oor die komende weke is daar nog baie drama op pad… waaronder die terugkeer van Rita (Illse Roos) na Ruiterbosch.

Vroeër vandeesmaand het dié SATFA-bekroonde kykNET-sepie in ’n skokkende kinkel afskeid geneem van die veteraanakteur Cedwyn Joel. Suidooster-kykers was geheel en al onkant betrap met die afsterwe van sy karakter, AB Samsodien, ná ’n skerpskutter hom (per ongeluk) in plaas van Dirk (Evan Hengst) geskiet het.

Intussen moes Suidooster-aanhangers toekyk hoe AB se weduwee Mymoena (Jill Levenberg) rou oor haar man terwyl sy tweelingseuns Rhafiek (Irshaad Ally) en Rhiyaaz (Anton Jeftha) in ’n oorlog met mekaar gewoed is oor sy testament.

But wait…there’s more! Oor die komende weke word nóg stormsterk-drama voorspel.

Die grootste verrassing is die terugkeer van Rita du Plooy, Tim (Marco Spaumer) se ma. Kykers het Rita terug in 2016 ontmoet. Sy keer nou terug na Ruiterbosch nadat sy vir jare behandeling vir skisofrenie ontvang het.

Rita (Illse Roos) terug in Ruiterbosch in Suidooster.
Rita (Illse Roos) terug in Ruiterbosch in Suidooster. Foto: Verskaf

Sagte plekkie vir Rita

Illse sê dit is vir Rita moeilik om weer terug in Ruiterbosch te wees. Dit het ook vir Tim onkant gevang. Hy het nie besef die mediese sentrum waar sy behandel is, het sy ma ontslaan nie.

“Dit is vir Rita ’n konstante herinnering van hoeveel sy van haar lewe, en hoe baie sy van Tim se lewe gemis het,” sê Illse in ’n mediaverklaring.

“Tim is haar hart se punt. Sy was nie daar vir soveel van Tim se groot oomblikke in sy lewe – soos vir sy troue – nie. Dit knaag aan haar.”

Volgens Illse, is Ruiterbosch ’n baie ander plek as sewe jaar gelede met talle nuwe gesigte.

“Sy maak tog ’n paar nuwe vriende en Elana (Esther van Waltsleben) word vir haar ’n hartsvriendin. Maar dan is daar ook ongure karakters wat Rita as ’n pion vir eie gewin wil gebruik.”

Oor haar karakter sê Illse dat sy ’n “sagte plekkie” vir Rita het. 

“Rita is ’n interessante pakkie, maar ek geniet haar vreeslik. Sy’s uitputtend, maar ’n heerlike uitdaging en ek is dankbaar om weer in haar skoene te kan klim.”


Suidooster, wat in 2022 met ’n SAFTA-toekenning as beste sepie bekroon is, saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie uit (ook aanlyn op DStv se stroomplatform beskikbaar.)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies