Menu terloops
In Gons [9 Apr 2025]

Kyk nou: Lokprent vir dokkiereeks wat Helderberg-ramp probeer ontsyfer


Ná amper vier dekades heers daar steeds tergende vrae oor wat presies tot die Helderberg-lugramp gelei het. ’n Nuwe dokumentêre reeks, wat in Mei op M-Net begin, probeer dié raaisel oplos.

Kyk nou: Lokprent vir dokkiereeks wat Helderberg-ramp probeer ontsyfer
Kyk lokprent

Op 28 November 1987, kort ná middernag, het die SAL Helderberg, ’n Boeing 747-244 B Combi, in die see aan die kus van Mauritius neergestort. Die vlug was van Taipei na Johannesburg onderweg voordat dit in vlamme uitgebars, in stukke opgebreek, neergestort, en die lewens van al 159 mense aan boord geëis het.

Nagenoeg vier dekades sedert dié tragedie stel die skeppers van die driedelige dokumentêre reeks, Helderberg, ondersoek na die oorsaak van die ongeluk in – ’n raaisel wat niemand nog met 100% sekerheid kon oplos nie. Die dokkiereeks se lokprent is vandeesweek vrygestel. Dit wys onder meer hoe owerhede na die vlugopnemers gesoek het, die internasionale ondersoek wat gevolg het, die meervuldige teorieë wat onder lugvaartkenners ontstaan het, en ’n beweerde bekentenis. Nog niks of niemand kon egter onmiskenlike antwoorde lewer nie. 

Helderberg se drie episodes delf dieper na veral die agtergrondkonteks van die ramp en die tydstip waarin dit plaasgevind het.

Daar is onderhoude met kenners soos die forensiese wetenskaplike dr. David Klatzow, asook die joernalis Herman Jansen. Ook die burgerlugvaartowerheid se voormalige hoofondersoekbeampte, Rennie van Zyl, en die voormalige grootbaas van SAL, Gert van der Veer, lewer insigte. Daar word ook met eertydse Krygkor-werknemers, asook familie van die slagoffers, gepraat.

Helderberg

Helderberg se drie episodes saai vanaf Donderdag, 15 Mei 2025, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies