Menu terloops

Flatbush Misdemeanors S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 12 Jan 2023]


‘Flatbush Misdemeanors’, nou in sy tweede seisoen, is gegrond op die bekroonde 2017 digitale reeks en het ’n 100%-gradering op Rotten Tomatoes.

Kyk nou albei seisoene

Flatbush Misdemeanors S1-2
Kyk lokprent

In Flatbush Misdemeanors vertolk Kevin Iso en Dan Perlman jare lange vriende. Die storie volg hul lewens, verhoudings en vriendskap in Flatbush, Brooklyn.

Die reeks, nou in sy tweede seisoen, is gegrond op die bekroonde 2017 digitale reeks en het ’n 100%-gradering op Rotten Tomatoes. Vulture het die reeks ook by sy lys van die beste TV-programme van 2022 ingesluit. Soos hulle dan ook sê: “Elke episode van Flatbush Misdemeanors is propvol skerp sosiale kommentaar en aangename vertolkings… Die hart van die reeks is egter oor die moeite wat nodig is vir die instandhouding van die verhoudings wat die meeste vir ons beteken, maar wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.”

Binge die tweede seisoen vanaf 12 Januarie. Die eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies