Menu terloops
In Sepies [3 Mar 2025]

‘Diepe Waters’ in Maart: Hou dié stories en karakters dop


Van ’n nuwe karakter wat hul opwagting maak tot ’n aand van verrassings vir Sanet en Fourie – hier is vyf storielyne wat kykers vandeesmaand in ‘Diepe Waters’ moet dophou.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’ in Maart: Hou dié stories en karakters dop

Hier is vyf belangrike Diepe Waters-storielyne vir kykers om dop te hou:

1

’n Ongemaklike liefdesdriehoek

Lucas bevind homself in ’n situasie wat al meer ingewikkeld raak. Karla besef sy kan nie meer as vriende met hom wees nie, terwyl Juvan in die sewende hemel is ná ’n afspraak met haar. Gaan Juvan en Karla, of Lucas en Karla saam opeindig?

2

Gaan Gys en Zelda se troue voort? 

Die groot dag breek uiteindelik aan, maar dan daag ’n ongenooide gas op en gooi alles omver. Gaan Gys en Zelda se liefde vir mekaar genoeg wees om die groot onthulling te oorleef?

3

Nuwe gesig in Boskruin 

Skininvestment het ’n nuwe werknemer, en Zelda is baie in haar noppies met haar… Maar dit blyk daar’s ’n verskuilde agenda…

4

Die Swartmarlyne se familie-soirée  

’n Groot aand vol verrassings wag op Sanet en Fourie wanneer hulle vir die eerste keer ontmoet. Dit lyk asof vergifnis ná alles wat gebeur het nie onmoontlik is nie.

5

Lucy en Rossouw, kan dit werk? 

Lucy en Rossouw het aanvanklik nie veel ooghare vir mekaar gehad nie, maar toe besef albei dat hulle aangetrokke tot mekaar voel. Vele avonture saam volg, maar sal dit genoeg wees om ’n verhouding te hê, of gaan Lucy weer die hasepad kies?


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies