Menu terloops
In Features [3 Okt 2023]

Een jaar later: ‘Diepe Waters’ se grootste storielyn-skokke


Anders as met ’n sepie, is daar altyd ’n einde aan die storie wanneer dit by ’n telenovela kom. Maar kykers is nog lank nie gereed om ‘Diepe Waters’ te groet nie! Met die tweede seisoen wat amptelik begin het, kyk ons terug na die grootste skokke uit dié storie se eerste seisoen, en verklap ’n paar geheime oor wat voorlê.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Stroom aanlyn

Een jaar later: ‘Diepe Waters’ se grootste storielyn-skokke

Sowat ’n jaar gelede het die skeppers van ’n splinternuwe telenovela vir kykers belowe dat hulle vasgenael voor hul kassies sou wees. En met die tweede seisoen wat pas op kykNET begin het, is Diepe Waters steeds the gift that keeps on giving

’n Meer dramabelaaide telenovela het ek nog nie gekyk nie. Nes een bom bars, is die volgende een se lont al aangesteek. ’n Mens kan skaars byhou met die kinkels in hierdie reeks, en dít is juis wat dit só opwindend maak. Jy weet nooit wat om te verwag nie, want nes jy dink ’n storielyn is klaar, neem dit nog ’n onvoorspelbare wending. 

Om eerlik te wees – Diepe Waters mag dié maand al ’n jaar op die kassie wees, maar dit voel asof dinge nou eers opwarm. Daar is nog soveel geheime wat na vore moet kom, en sedert ons op 3 Oktober 2022 aan die Swarts-, Joubert- en De Wet-gesinne voorgestel is, was dit die een angsaanjaend en naelbytende storielyn na die ander. 

Anders as met ’n sepie, is daar altyd ’n einde aan die storie wanneer dit by ’n telenovela kom, maar kykers is nog lank nie gereed om die karakters van hierdie gewilde reeks te groet nie. Kykers het omtrent op hete kole gesit om te hoor of Diepe Waters vir ’n tweede seisoen verleng gaan word en nou is die tweede seisoen alweer hier. 

Met die tweede seisoen wat amptelik afgeskop is, is daar nuwe gesigte om te leer ken, en nuwe dramas wat wag om te ontvou. Maar eers kyk terloops terug na die grootste skokke uit Diepe Waters se eerste seisoen. 

Diepe Waters S1
’n Liefdesdriehoek soos min… Rossouw het sy vrou, Sanet, vir haar suster, Anja, gelos. Foto: Verskaf

Elke suster se droomman 

Een van die grootste skokke was toe Rossouw (Altus Theart) vir Sanet (Nadia Valvekens) gelos het vir haar suster, Anja (Reandi Grey). Kykers het sommer vroeg in die reeks uitgevind dat Rossouw destyds as ’n jong man op sy vrou se suster verlief was. Toe dinge tussen hulle nie uitgewerk het nie, het hy met Sanet getrou. Hulle het twee kinders en was (redelik) gelukkig totdat sy lank verlore liefde weer opgedaag het. Sjoe, was dit nie ’n rowwe paar weke nie! Maar ware liefde wen altyd en Anja en Rossouw is toe ná jare weer saam. Praat van ’n ongemaklike situasie, maar hierdie sussies het obviously dieselfde smaak in mans. 

Mamma se seun of lover

Die Swarts-familie het mos maar altyd geraamtes in hul kaste. Dit was dus glad nie so ’n groot skok vir kykers toe Jacques (Werner Coetser) op sy jong stiefma, Meghan (Lea Vivier), verlief geraak het nie. Vir dié wat nog nie gekyk het nie (spoiler alert!), maar Meghan was nooit regtig verlief op Jacques se pa, Gys Swarts (Justin Strydom), nie. Sy het met hom getrou as deel van sy groot vyand en eks-lover se plan om hom te vernietig. Maar nou verwag Meghan en Jacques ’n kind saam en moet voorgee dat dit Gys se kind is. 

Nog ’n Swarts-kind

Niks is belangriker vir Gys as sy nalatenskap nie. Toe hy uitvind dat sy aartsvyand

Zelda Joubert (Sandi Schultz) se kosbare dogter toe ook sy dogter is, het dinge lelik in Zelda se gesig ontplof. Pam (Tracey-Lee Oliver) wil tans niks met haar ma te doen hê nie en het by die Swarts-mansion ingetrek om saam met haar pa te bly. Sy en haar stiefma hou niks van mekaar nie, maar het een ding in gemeen: hul haat vir Zelda. 

Pam Diepe Waters Tracey Lee Oliver
Tracey-Lee Olivier as Pam. Foto: Skermgreep

Soos ’n feniks uit die as

Vir jare het Zelda op Meghan se gevoel gespeel omdat sy haar oortuig het dat sy ’n weeskind is, maar toe daag haar ‘oorlede’ pa, Riaan (Ryno Hattingh), op en krap alles om. Natuurlik het hulle ontmoet omdat Riaan saam met Pam ’n verhouding aangeknoop het. Maar wat is nog ’n familie- entanglement tussen geliefdes mos?! Teen die tyd is dit mos maar tweede natuur vir die Swarts-gesin om geliefdes te deel. Wie gee dan nou om as Pam en Meghan albei mekaar se stiefma en stiefdogter word? 

Die donker sy van jonk wees

Dinge was vir ’n tydjie bitter ongemaklik toe almal uitvind van Johan (Liam Bosman) se dwelmprobleem en die feit dat hy vir arme Nina (Reze-Tiana Wessels) amper verkrag het. Toe verdwyn sy suster, Karla (Daniélle Swanepoel), met haar ouer kêrel – en dít nadat die familie se goue kind aan bulimie gely het. Ja-nee, om ’n Swarts-kind te wees, is nie maklik nie, maar ek dink hul drama begin nou eers… 

Waarna kan kykers in die tweede seisoen uitsien? 

Sanet vind nuwe liefde. Die oorlog tussen Gys en Zelda eskaleer, en nóg familiegeheime kom op die lappe. Rossouw vat die pad, en ’n skielike dood ruk almal tot stilstand.

Kyk uit vir die volgende storielyne: 

My pa se kind

Jacques is almal se cool oom, maar daar is twee kinders wat niemand van weet nie… In seisoen een het kykers uitgevind dat Johan eintlik Jacques se kind is en nie Rossouw en Sanet se kind nie. Kykers het ook uitgevind dat Jacques die pa van Meghan se kind is en nie sy pa, Gys, nie. Ongelukkig is albei nog groot familiegeheime en dit gaan dinge heeltemal omkrap wanneer hierdie twee pawpaws die fan tref. 

Diepe Waters Sepievoorskou
Werner Coetser as Jacques. Foto: Skermgreep

’n Skelmpie vir ’n skelmpie 

Almal het Sanet bejammer toe Rossouw haar met haar suster verneuk het. Dit het haar mos tot drank gedryf en dit is by die AA waar haar en Wim (Neels van Jaarsveld) se vriendskap toe floreer het. Ongelukkig vir Sanet het Wim sy liefde aan haar verklaar, voordat hy haar ook vir sy gesin gelos het. Surprise, surpise! Wim se vrou was daarvan oortuig dat iets tussen hom en Sanet aan die gang is, maar hy het dit ontken, so kom ons kyk wat gebeur wanneer die prokureur uitvind dat haar man die een liegstorie na die ander aan haar verkoop. 

Eens ’n moordenaar, altyd ’n moordenaar 

Meghan is so bly dat sy weer ’n verhouding met haar pa kan bou, sy glo niks slegs wat enigiemand vir haar probeer sê nie. Pam het wel al ’n smakie van Riaan se donker kant gekry, maar sal sy vir Meghan kan oortuig voordat dit te laat is? 

Nuwe gesigte bring nuwe drama 

Eric Bouwer, wat bekend is vir sy rolle in EgoliBinnelanders en Getroud met Rugby, betree die intrige as dominee Ben van Staden, Sanet se nuwe liefde. Shame, Sanet kan net nie wen wanneer dit by die liefde kom nie. Kom ons hoop Ben is die man vir haar. 

Die veteraan-aktrise Vinette Ebrahim vertolk die rol van Valencia, Lettie (Stephanie Baartman) se ma. Hierdie kerkantie is alles behalwe vervelig en op haar plek, so kom ons kyk watter streke en speletjies sy by betrokke gaan raak. 

Dit lyk asof die spanning, drama en trane gaan nie in seisoen twee einde kry nie. 

Moet nie die drama misloop nie! 


Diepe Waters word Maandag tot Donderdae om 18:30 op kykNET, DSTV-kanaal 144 uitgesaai. Al die episodes is beskikbaar op Catch Up asook DStv Stream. Die eerste seisoen van Diepe Waters is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies