Menu terloops
In Lysie-lysie [12 Jan 2023]

Die top-10 TV-reekse en flieks op Showmax in 2022


Van openhartige sekspraatjies in ‘Sex in Afrikaans’ en die bekroonde aktrise Zendaya in ‘Euphoria’ tot die treffer plaaslike reeks ‘The Wife’ en twee skop-skiet-en-donner flieks – hier is die top-reekse en flieks wat die meeste kykers in Suid-Afrika in 2022 gelok het.

Teken in op Showmax

Die top-10 TV-reekse en flieks op Showmax in 2022

Ses van dié titels is plaaslike produksies, met een van Nigerië en drie wat in Amerika vervaardig is. Die top-reekse en -flieks, in alfabetiese volgorde, is as volg:

1

Vir haar spel as die tienerverslaafde Rue in Euphoria, het die enigmatiese aktrise Zendaya die jongste tweemalige Emmy-wenner geword. Die reeks se pryse tel in die double digits met Zendaya wat ook by vanjaar se Golden Globe-toekennings as beste aktrise in ’n dramareeks vereer is. 

Variety se Daniel D’Addario het dié HBO-reeks as sy beste TV-program van 2022 gekies. Hy skryf: “Euphoria sou televisie se mees hoogmoedige reeks gewees het as dit nie telkens, op een of ander manier, sy weg na uitnemendheid gevind het nie.”

Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. Kan. Nie. Wag. Nie.

2

“Maak nie saak hoe vinnig jy is nie, niemand hardloop hul verlede verby nie… En myne het my pas ingehaal,” erken Dominic Toretto (Vin Diesel) in die lokettreffer F9: The Fast Saga. Hierdie keer moet Dom ’n internasionale terreurkomplot met behulp van sy vervreemde broer (John Cena van Peacemaker) fnuik.

F9 is as kykers se gunstelingfliek by die People’s Choice-toekennings benoem. Diesel-, Cena- en Oscar-wenner Charlize Theron is ook vir hul vertonings benoem.

Volgense die Britse Independent, lewer dié trefferfranchise “steeds wat gehore werklik wil hê: karre waar karre absoluut nie behoort te wees nie.”

3

Living The Dream With Somizi S5

Kan jy aan ’n meer dramatiese break-up as dié van Somizi en Mohale in 2022 dink?

In Living The Dream With Somizi se vyfde seisoen het Somizi sy weergawe van hul skeiding vertel. Daarna het Mohale se weergawe in Mohale: On the Record (volgende op dié lys) gevolg.

Kom ons sê net die twee vertellings stem, helaas, nie heeltemal ooreen nie…

4

Mohale: On the Record 

5

Sex in Afrikaans S1

Die Showmax Original dokumentêre reeks, Sex in Afrikaans, wys wat werklik agter geslote deure gebeur. Die gesprekke in Sex in Afrikaans word gelei deur die kliniese sielkundige en seksuoloog Bradley Daniels soos hy allerlei onderwerpe met ’n paneel bestaande uit vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes takel. Daar is ook onderhoude met sekswerkers, swingers, dominatrixes, ’n fopdosser en ’n dungeon master (jy sal maar self moet kyk). Dan is daar mense wat soos babas aantrek vir hul seksuele plesier en ander wat vollengte latex-pakke verkies.

Channel24 se Gabi Zietsman het dié reeks (met ouderdomsperk 18SNLV) vyf sterre gegee en dit as ” ’n ongelooflike dapper program” bestempel.

6

The Real Housewives of Durban S1-2

Die eerste seisoen van The Real Housewives of Durban (RHOD) het met vuurwerke begin – letterlik – terwyl S2 geëindig het met Jojo Robinson wat haar drankie op Mabusi gegooi het. Tussendeur het die program ’n stroomrekord op Showmax opgestel, herhaaldelik op Twitter ge-trend, is nou ook vir die tweede agtereenvolgende jaar een van Showmax se mees gekykte programme. Dit is ook in Amerika op Bravo – die oorspronklike kanaaltuiste van die Real Housewives-franchise – uitgesaai. Só ook op NBCUniversal se stroomdiens, Peacock. Dit is ook in ’n verdere 27 lande op stroomdienste beskikbaar.

Die derde seisoen van RHOD begin op 1 Februarie 2023 op Showmax, met Maria Valaskatzis, Mbali Ngiba en Slindile Wendy Ndlovu wat as vars bloed by Annie Mthembu, Jojo Robinson, Nonku Williams en Sorisha Naidoo aansluit.

7

The Real Housewives of Lagos S1

Durban se housewives het in 2022 kompetisie vir Afrika se werklikheidstelevisie-kroon gekry met die debuut van The Real Housewives of Lagos. Dié reeks het boaan Showmax-trefferlyste geboer. 

Die eerste Nigeriese uitgawe van die treffer internasionale franchise het die weelderige lewens van ses van die mees glansryke vroue in Afrika se grootste megastad gevolg. Daar is sakevrou Carolyna Hutchings, prokureur en eienaar van luukse haarhandelsmerke Chioma Ikokwu, die Nollywood-aktrise Iyabo Ojo, influencer Laura Ikeji-Kanu, PR-kenner Mariam Timmer, en bekende stilis, Toyin Lawani-Adebayo.

8

The Wife S1-3

The Wife is Showmax se eerste oorspronklike telenovela. Die reeks is gegrond op Dudu Busani-Dube se topverkoper-boek, Hlomu the Wife.

Die derde – en laaste – seisoen van The Wife het gefokus op die Tswana-dokter Naledi (Gaisang K Noge), ook die erfgenaam van die koninklike troon, en haar Zoeloe-minnaar, Qhawe (Ngcobo).

9

The Wife: Behind the Veil

The Wife: Behind the Veil, bestaande uit agt episodes, is ’n agter-die-skerms blik op die uiters gewilde reeks, The Wife.

10

The Wrath of Man

Guy Ritchie en Jason Statham – die aksie-droomspan van Lock, Stock & Two Smoking Barrels, Snatch en Revolver – span weer kragte in Wrath of Man saam. Dié prent is as beste aksiefliek by die 2022 Critics Choice Super-toekennings benoem.

Statham (wat veral bekend is vir sy rolle in The Transporter, Crank en as Deckard Shaw in die Fast & Furious-films) speel ene H, ’n nuwe veiligheidswag by ’n kontantvragmotormaatskappy. Ná ’n rooftog waarin hy vinnig van die skelms ontslae geraak het, begin sy kollegas sy identiteit en motiewe bevraagteken. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies