Menu terloops

Derry Girls S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Okt 2022]


Terwyl ‘Derry Girls’ as ’n geheel met ’n punt van 99% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes spog, kry die derde – en laaste – seisoen welverdiende volpunte. Dit sit nie ’n voet verkeerd nie. Al drie seisoene is nou op Netflix beskikbaar.

Derry Girls S1-3
Kyk lokprent

Die finale seisoen van Derry Girls is nostalgies sonder stroperigheid. Die vinnige pas gee jou net-net genoeg tyd om asem te skep (maar ook nie altyd nie) soos die vlymskerp dialoog oor die akteurs se lippe rol. 

Derry Girls, wat in Januarie 2018 in Ierland – waar die storie afspeel – vrygestel is, het ’n veel wyer en internasionale gehoor gekry toe dit ook aan die einde van daai jaar op Netflix beskikbaar gestel is. Vier jaar later is dit ’n blink juweel in Netflix se komedie-stal. Een van die blinkste.

Die reeks speel af in die 1990’s teen die agtergrond van die Noord-Ierse konflik en sektariese geweld tussen Katolieke en Protestante. (Ook bekend as die “Troubles”-tydperk.) Die storie volg die wedervaringe van vyf tieners: Erin Quinn (Saoirse-Monica Jackson), Erin se niggie, Orla (Louise Harland), hul vriende Clare (Nicola Coughlan) en Michelle (Jamie-Lee O’Donnell), en Michelle se neef James (Dylan Llewellyn). Ons het oor die verloop van die eerste twee seisoene gesien hoe die karakters in absolute absurde situasies beland soos hulle hulself en mekaar leer ken. Die derde seisoen sluit hierdie coming-of-age-reis dan af. 

Soos die London Evening Standard skryf: “Dit gaan moeilik wees om dié meisies – wat nou soos ou vriende voel – te groet, maar dit was ’n wilde rit.”

Vanaf 7 Oktober op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies