Menu terloops

Derry Girls S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Okt 2022]


Terwyl ‘Derry Girls’ as ’n geheel met ’n punt van 99% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes spog, kry die derde – en laaste – seisoen welverdiende volpunte. Dit sit nie ’n voet verkeerd nie. Al drie seisoene is nou op Netflix beskikbaar.

Derry Girls S1-3
Kyk lokprent

Die finale seisoen van Derry Girls is nostalgies sonder stroperigheid. Die vinnige pas gee jou net-net genoeg tyd om asem te skep (maar ook nie altyd nie) soos die vlymskerp dialoog oor die akteurs se lippe rol. 

Derry Girls, wat in Januarie 2018 in Ierland – waar die storie afspeel – vrygestel is, het ’n veel wyer en internasionale gehoor gekry toe dit ook aan die einde van daai jaar op Netflix beskikbaar gestel is. Vier jaar later is dit ’n blink juweel in Netflix se komedie-stal. Een van die blinkste.

Die reeks speel af in die 1990’s teen die agtergrond van die Noord-Ierse konflik en sektariese geweld tussen Katolieke en Protestante. (Ook bekend as die “Troubles”-tydperk.) Die storie volg die wedervaringe van vyf tieners: Erin Quinn (Saoirse-Monica Jackson), Erin se niggie, Orla (Louise Harland), hul vriende Clare (Nicola Coughlan) en Michelle (Jamie-Lee O’Donnell), en Michelle se neef James (Dylan Llewellyn). Ons het oor die verloop van die eerste twee seisoene gesien hoe die karakters in absolute absurde situasies beland soos hulle hulself en mekaar leer ken. Die derde seisoen sluit hierdie coming-of-age-reis dan af. 

Soos die London Evening Standard skryf: “Dit gaan moeilik wees om dié meisies – wat nou soos ou vriende voel – te groet, maar dit was ’n wilde rit.”

Vanaf 7 Oktober op Netflix.

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies