Menu terloops
In Gons [13 Okt 2023]

Kyk nou: Lokprent vir aangrypende dokkiereeks, ‘Hougaard: Liefling van Loftus’


Mense het altyd baie om oor hom te sê, maar die voormalige Springbok Derick Hougaard het besluit dis tyd om hart skoon te maak in die nuwe dokumentêre kykNET-reeks, ‘Hougaard: Liefling van Loftus’.

Kyk nou: Lokprent vir aangrypende dokkiereeks, ‘Hougaard: Liefling van Loftus’
Kyk lokprent

Rugbylegende, Springbok-skopkoning, Currie Cup-wenner, Super Rugby-gelukbringer – Derick Hougaard is al jare ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika. En mense het altyd baie oor hom te sê. Maar in die nuwe dokumentêre kykNET-reeks, Hougaard: Liefling van Loftus, maak dié voormalige rugbyspeler sy hart oop om sy kant van sake te stel.

Die reeks, bestaande uit ses episodes, saai vanaf 25 Oktober om 20:00 op kykNET (ook op DStv Stream) uit. kykNET het pas die eerste lokprent vrygestel.

Díe goed gemanierde seun van die Boland met ’n besonderse talent vir sport het in ’n stadium die wêreld aan sy voete gehad. Sy triomfantlike rugbyloopbaan is egter deur verskeie beserings gefnuik, sy hoë-profiel huwelik het skipbreuk gely, skandale het hom soos ’n honger hond gevolg en onlangs het hy ook by die dood omgedraai nadat hy vir dae lank in ’n koma was. Met die gevolg dat die man wat bekendgestaan het as “Die Liefling van Loftus” vandag ’n skrale weergawe van homself is.

Verkenningsreis

Hougaard: Liefling van Loftus sien hoe hy ’n dapper verkenningsreis, teen die agtergrond van rugby, onderneem.

Derick het sedert sy gloriedae as Blou Bul-legende en Springbok ’n afwaartse spiraal beleef wat gekenmerk is deur openbare verleenthede en skinderstories. In die reeks praat Derick dan vir die eerste keer oor sy lewe en dié stories. Hy ontmoet ook, onder andere, oud-spelers wie se lewens ook onherroeplik deur rugby verander is.

“Die dokkie was omtrent ’n roller-coaster en ’n onwrikbaar eerlike storie van trane tot blydskap. Wat ’n reis! Ek het nie gedink dit sal my sere en blydskappe alles na vore bring nie,” sê Derick in ’n persverklaring.

Rian van Heerden se produksiemaatskappy, Provoco, vervaardig die reeks. Rian het oor die afgelope ses maande ’n persoonlike pad met Derick gestap.

“Ek het vir Derick vir die eerste keer ontmoet as ’n jong Blou Bul-speler in 2002. Derick was absoluut eerlik oor sy lewe en nie bang om ons toegang tot sy diepste hartkamers te gee nie. Dit is, en was, duidelik dat hy deursettingsvermoë soos min het,” vertel Rian. 

Kyk Hougaard: Liefling van Loftus vanaf 25 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dié dokumentêre reeks sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies