Menu terloops
In Gons [13 Okt 2023]

Kyk nou: Lokprent vir aangrypende dokkiereeks, ‘Hougaard: Liefling van Loftus’


Mense het altyd baie om oor hom te sê, maar die voormalige Springbok Derick Hougaard het besluit dis tyd om hart skoon te maak in die nuwe dokumentêre kykNET-reeks, ‘Hougaard: Liefling van Loftus’.

Kyk nou: Lokprent vir aangrypende dokkiereeks, ‘Hougaard: Liefling van Loftus’
Kyk lokprent

Rugbylegende, Springbok-skopkoning, Currie Cup-wenner, Super Rugby-gelukbringer – Derick Hougaard is al jare ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika. En mense het altyd baie oor hom te sê. Maar in die nuwe dokumentêre kykNET-reeks, Hougaard: Liefling van Loftus, maak dié voormalige rugbyspeler sy hart oop om sy kant van sake te stel.

Die reeks, bestaande uit ses episodes, saai vanaf 25 Oktober om 20:00 op kykNET (ook op DStv Stream) uit. kykNET het pas die eerste lokprent vrygestel.

Díe goed gemanierde seun van die Boland met ’n besonderse talent vir sport het in ’n stadium die wêreld aan sy voete gehad. Sy triomfantlike rugbyloopbaan is egter deur verskeie beserings gefnuik, sy hoë-profiel huwelik het skipbreuk gely, skandale het hom soos ’n honger hond gevolg en onlangs het hy ook by die dood omgedraai nadat hy vir dae lank in ’n koma was. Met die gevolg dat die man wat bekendgestaan het as “Die Liefling van Loftus” vandag ’n skrale weergawe van homself is.

Verkenningsreis

Hougaard: Liefling van Loftus sien hoe hy ’n dapper verkenningsreis, teen die agtergrond van rugby, onderneem.

Derick het sedert sy gloriedae as Blou Bul-legende en Springbok ’n afwaartse spiraal beleef wat gekenmerk is deur openbare verleenthede en skinderstories. In die reeks praat Derick dan vir die eerste keer oor sy lewe en dié stories. Hy ontmoet ook, onder andere, oud-spelers wie se lewens ook onherroeplik deur rugby verander is.

“Die dokkie was omtrent ’n roller-coaster en ’n onwrikbaar eerlike storie van trane tot blydskap. Wat ’n reis! Ek het nie gedink dit sal my sere en blydskappe alles na vore bring nie,” sê Derick in ’n persverklaring.

Rian van Heerden se produksiemaatskappy, Provoco, vervaardig die reeks. Rian het oor die afgelope ses maande ’n persoonlike pad met Derick gestap.

“Ek het vir Derick vir die eerste keer ontmoet as ’n jong Blou Bul-speler in 2002. Derick was absoluut eerlik oor sy lewe en nie bang om ons toegang tot sy diepste hartkamers te gee nie. Dit is, en was, duidelik dat hy deursettingsvermoë soos min het,” vertel Rian. 

Kyk Hougaard: Liefling van Loftus vanaf 25 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dié dokumentêre reeks sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies