Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.
Maandag, 3 Junie
Louis se gesnorkery bereik ’n draaipunt. Sam se vreemde gedrag het ’n hele paar mense aan die wonder. Tracy wil weer op haar eie voete staan.
Dinsdag, 4 Junie
Uys praat met Tracy oor Tertius, en sy neem ’n groot besluit. Naomi raak al meer rusteloos in haar huidige werk, en Ciska kom agter Sam het baie groter probleme as wat almal vermoed.
Woensdag, 5 Junie
Ciska vra Sam uit oor sy nagmerrie, Tertius en Tracy wil albei aanbeweeg, en Naomi wil weer verpleeg.
Donderdag, 6 Junie
Tertius vind uit waar Tracy en Leah woon, en Ciska probeer Sam dwing om die waarheid oor sy situasie te praat. Liefde is uiteindelik weer in die lug vir ’n geliefde paartjie!
Vrydag, 7 Junie
Ciska voer iets in die mou, maar word op heterdaad betrap. Brenda dreig om Sam se behandeling te staak, en ’n sekere paartjie sweer ewige trou aan mekaar.
Maandag, 10 Junie
Sam se geboortevlek skep verdere chaos in verskeie mense se lewens. Karen se worsteling met haar onlangse verlede dryf haar tot ekstreme, en Tracy word gedwing om die werklikheid in heroënskou te neem.
Dinsdag, 11 Junie
Karen se gemoedstoestand vererger. Steve wil, sonder die nodige dokumentasie, voortgaan met Sam se behandeling. Bronwyn spook om ’n afspraak met Conrad te reël.
Woensdag, 12 Junie
Nicolette stel vir Ciska ’n ultimatum. Bronwyn kry haar tye verkeerd, en Uys is bekommerd oor Karen.
Donderdag, 13 Junie
’n Pasiënt én ’n verpleegsuster is skoonveld. Bronwyn is angstig voor ’n voorlegging. Terwyl Karen probeer om vir Louis weg te kruip, probeer Uys sy bes om ondersteunend te wees.
Vrydag, 14 Junie
Tertius is bekommerd oor Bronwyn, en Uys en Elise beraam ’n plan om Karen te help. Ciska besef sy het ’n groot fout gemaak wanneer Sam sy hart teenoor haar oopmaak.
Maandag, 17 Junie
Almal werk saam om die beste uitkoms vir Sam te bewerkstellig. Bronwyn erken wat regtig aan die gang is, en Karen hoor van die polisie.
Dinsdag, 18 Junie
Nicolette kom tot ’n verrassende insig oor haarself. Dit lyk nie of Uys en Elise se moeite vrugte gaan afwerp nie, en iemand uit Naomi se verlede maak onverwags haar opwagting.
Woensdag, 19 Junie
Bronwyn hou ’n front voor, al vererger haar simptome. ’n Dapper jong tiener gee vir Karen waardevolle insig. Tertius besluit hy wil hê ’n sekere dokter moet in Ongevalle werk, maar Naomi is onrustig.
Donderdag, 20 Junie
Die nuus van ’n moontlike nuwe Ongevalle-dokter mag dalk ongemaklik raak. Vicky speel Cupido, en Bronwyn toon kommerwekkende simptome.
Vrydag, 21 Junie
Nicolette vra Steve om verskoning vir wat die vorige aand gebeur het, en die nuwe Ongevalle-dokter is bekommerd oor die Binnelanders se reaksie wanneer sy vir haar eerste skof opdaag.
Maandag, 24 Junie
Karen geniet haar oefensessies al meer saam met Uys. Twee dokters is verward oor hulle gevoelens vir mekaar, en die meeste Binnelanders is ongemaklik met die nuwe Ongevalle-dokter.
Dinsdag, 25 Junie
Nicolette is bekommerd oor Bronwyn, Uys probeer troos wanneer Karen ontstellende nuus ontvang, en ’n intieme oomblik tussen twee dokters word amper onderbreek.
Woensdag, 26 Junie
Hugo en Steve kom tot ’n skokbesef. Elise en Bonnie wil ’n potensiële romanse ryp druk, en die nuwe Ongevalle-dokter sukkel om haar voete by Binneland te vind.
Donderdag, 27 Junie
Bronwyn se diagnose is ’n groot skok vir almal, en nóg twee Binnelanders raak bewus van hulle gevoelens vir mekaar. Die nuwe Ongevalle-dokter laat haar nie deur dokter Henry Louw intimideer nie.
Vrydag, 28 Junie
Steve voel verantwoordelik vir Bronwyn, maar spandeer al meer tyd saam met ’n sekere dokter. Ciska het haar oog op Uys, en Louis is bekommerd omdat Naomi wil begin oefen.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.
Seisoene 8-12 van die reeks is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.