Menu terloops

Beef S1

Op Netflix [Gepubliseer op 6 Apr 2023]


‘Beef’ is ’n uitsonderlike reeks wat ’n haas perfekte balans tussen drama en komedie handhaaf om temas van obsessie en woede met gesag uit te beeld.

Beef S1
Kyk lokprent

Beef, ’n komedie-drama met Ali Wong en Steven Yeun in die hoofrolle, is sonder twyfel een van vanjaar se TV-kroonjuwele.

Die reeks, bestaande uit tien episodes, draai om die nagevolge van ’n padwoedevoorval tussen twee vreemdelinge. Yeun vertolk Danny Cho, ’n sukkelende kontrakteur met ’n grootse chip op sy skouer, terwyl Wong haar voete in die skoene van ’n entrepreneur met ’n prentjiemooi lewe plaas. Ons kan maar net toekyk hoe ’n intense vete ná die voorval tussen die twee ontwikkel. Niks – geen verhouding of deel van hul lewens – is veilig van die tentakels van hul langdurige twis nie. 

Die reeks het ’n punt van 99% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Peter Travers van ABC News bestempel dit reeds as vanjaar se “mees verslawende nuwe reeks”.  

Barbara Evert van die Observer skryf weer: “Beef omsluit werklik moderne woede, en al die verskillende redes daarvoor.”

Vanaf 6 April 2023 op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies