Menu terloops

Beef S1

Op Netflix [Gepubliseer op 6 Apr 2023]


‘Beef’ is ’n uitsonderlike reeks wat ’n haas perfekte balans tussen drama en komedie handhaaf om temas van obsessie en woede met gesag uit te beeld.

Beef S1
Kyk lokprent

Beef, ’n komedie-drama met Ali Wong en Steven Yeun in die hoofrolle, is sonder twyfel een van vanjaar se TV-kroonjuwele.

Die reeks, bestaande uit tien episodes, draai om die nagevolge van ’n padwoedevoorval tussen twee vreemdelinge. Yeun vertolk Danny Cho, ’n sukkelende kontrakteur met ’n grootse chip op sy skouer, terwyl Wong haar voete in die skoene van ’n entrepreneur met ’n prentjiemooi lewe plaas. Ons kan maar net toekyk hoe ’n intense vete ná die voorval tussen die twee ontwikkel. Niks – geen verhouding of deel van hul lewens – is veilig van die tentakels van hul langdurige twis nie. 

Die reeks het ’n punt van 99% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Peter Travers van ABC News bestempel dit reeds as vanjaar se “mees verslawende nuwe reeks”.  

Barbara Evert van die Observer skryf weer: “Beef omsluit werklik moderne woede, en al die verskillende redes daarvoor.”

Vanaf 6 April 2023 op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies