Menu terloops

Barracuda Queens S1

Op Netflix [Gepubliseer op 5 Jun 2023]


‘Barracuda Queens’ volg die ware verhaal van ’n groep jong vroue wat inbrake uitvoer as ’n manier om teen die samelewing se argaïese verwagtinge van vroue te rebelleer.

Barracuda Queens S1
Kyk lokprent

Barracuda Queens is losweg op ware gebeure gegrond en speel in die 1990s teen die agtergrond van ’n nuwe era van girl power af.

Die reeks volg ’n groep jong vroue wat hulself as die “Barracuda Queens” doop. Ná ’n effense (groot) haakplek met ’n kroegrekening, begin dié vroue ’n dubbele lewe lei. Bedags is hulle rykmanskinders wat goed in hul studies presteer, terwyl hulle snags hul ryk bure besteel.

Die reeks skep die prentjie van ’n wêreld waarin slegs sommige mense vir hul dade boet… want wie gaan hulle mos verdink, of hoe?


Vanaf Maandag, 5 Junie 2023, op Netflix beskikbaar. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies