Menu terloops

Barracuda Queens S1

Op Netflix [Gepubliseer op 5 Jun 2023]


‘Barracuda Queens’ volg die ware verhaal van ’n groep jong vroue wat inbrake uitvoer as ’n manier om teen die samelewing se argaïese verwagtinge van vroue te rebelleer.

Barracuda Queens S1
Kyk lokprent

Barracuda Queens is losweg op ware gebeure gegrond en speel in die 1990s teen die agtergrond van ’n nuwe era van girl power af.

Die reeks volg ’n groep jong vroue wat hulself as die “Barracuda Queens” doop. Ná ’n effense (groot) haakplek met ’n kroegrekening, begin dié vroue ’n dubbele lewe lei. Bedags is hulle rykmanskinders wat goed in hul studies presteer, terwyl hulle snags hul ryk bure besteel.

Die reeks skep die prentjie van ’n wêreld waarin slegs sommige mense vir hul dade boet… want wie gaan hulle mos verdink, of hoe?


Vanaf Maandag, 5 Junie 2023, op Netflix beskikbaar. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies