Menu terloops
In Gons [16 Okt 2025]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van nuwe Afrikaanse drama ‘Appels en tee’


Hier is ’n blik op wat agter die skerms op die stel van kykNET se nuwe Afrikaanse dramareeks ‘Appels en tee’, met Diaan Lawrenson en Tinarie van Wyk Loots in die hoofrolle, gebeur het.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van nuwe Afrikaanse drama ‘Appels en tee’
Kyk lokprent

In Appels en tee se Paradysbos lyk Lisa Rossouw (Diaan Lawrenson) se lewe perfek. Sy bestuur ’n teetuin saam met haar gerespekteerde man Dawid (Ivan Zimmermann), en voorbeeldige seun, Francois (Jacques Erasmus). Maar dan is daar ’n motorongeluk voor die teetuin en skielik bots Lisa se verlede met haar hede. Want in die kar is haar langverlore vriendin Henriëtte de Klerk (Tinarie van Wyk Loots) en dié se gesin, waaronder Henriëtte se man, Wessel (Neels van Jaarsveld). Is dit toeval, of die noodlot? 

Die De Klerks het intussen hul plaas verloor, en Lisa bied dan vir hulle ’n heenkome aan totdat hulle weer op hul voete is. Dit bring natuurlik herinneringe van hul vriendskap terug, maar eweneens word ou wonde oopgekrap. Hulle het immers vir ’n rede mekaar 27 jaar laas gesien…

Die dramareeks beweeg tussen die hede en die Langkloof in die negentigs waar Lisa en Henriëtte hul hegte tienervriendskap en drome deel, maar ’n reeks donker geheime die twee uiteindelik uitmekaar dryf. 

Hier is wat op die stel van dié dramareeks, wat Dinsdag 21 Oktober 2025 begin uitsaai, tussen tonele gebeur het.

Al die foto’s is deur kykNET verskaf.


Appels en tee begin op Dinsdag 21 Oktober om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies