In Appels en tee se Paradysbos lyk Lisa Rossouw (Diaan Lawrenson) se lewe perfek. Sy bestuur ’n teetuin saam met haar gerespekteerde man Dawid (Ivan Zimmermann), en voorbeeldige seun, Francois (Jacques Erasmus). Maar dan is daar ’n motorongeluk voor die teetuin en skielik bots Lisa se verlede met haar hede. Want in die kar is haar langverlore vriendin Henriëtte de Klerk (Tinarie van Wyk Loots) en dié se gesin, waaronder Henriëtte se man, Wessel (Neels van Jaarsveld). Is dit toeval, of die noodlot?
Die De Klerks het intussen hul plaas verloor, en Lisa bied dan vir hulle ’n heenkome aan totdat hulle weer op hul voete is. Dit bring natuurlik herinneringe van hul vriendskap terug, maar eweneens word ou wonde oopgekrap. Hulle het immers vir ’n rede mekaar 27 jaar laas gesien…
Die dramareeks beweeg tussen die hede en die Langkloof in die negentigs waar Lisa en Henriëtte hul hegte tienervriendskap en drome deel, maar ’n reeks donker geheime die twee uiteindelik uitmekaar dryf.
Hier is wat op die stel van dié dramareeks, wat Dinsdag 21 Oktober 2025 begin uitsaai, tussen tonele gebeur het.
Al die foto’s is deur kykNET verskaf.

Rika Sennet (Griet), en Ian Roberts (Jakkals).

Ian Roberts (Jakkals) en Berdene Burger (regisseur).
Appels en tee begin op Dinsdag 21 Oktober om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.