Menu terloops
In Features [28 Feb 2023]

Evan Hengst oor sy gehate ‘Suidooster’-karakter, Dirk, uit die dood herrys


Aanhangers van die bekroonde kykNET-sepie ‘Suidooster’ is onkant betrap toe ’n gehate karakter as’t ware uit die dood opgestaan het.

Kyk nou

Evan Hengst oor sy gehate ‘Suidooster’-karakter, Dirk, uit die dood herrys

In Dinsdag se episode het Dirk, wat deur Evan Hengst vertolk word, weer in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, opgedaag. Dirk was deel van ’n onwettige orgaanhandelnetwerk, waarvan sy ma, die gevreesde Esther Graaff (Marion Holm), een van die sleutelfigure was.

In dié spannende storielyn, wat verlede jaar uitgesaai is, is Dirk tydens ’n polisieklopjag geskiet. Daar is toe die indruk vir kykers geskep dat dit noodlottig was… Toe nou nie. Terwyl almal gedink het hy sit in die hiernamaals, was hy eintlik besig om die polisie te help om die hart van die orgaanhandelnetwerk oop te vlek.

Ook ’n slagoffer

Volgens Evan was Dirk ’n marionet van sy ma en was hy eintlik net nóg een van haar slagoffers.

“Dirk was nooit ’n wreedaard nie, maar sy narsissistiese ma het hom manipuleer om na haar pype te dans,” sê Evan.

“Nou het hy ’n tweede kans in die lewe gekry. Hy wroeg egter baie om homself vir sy medepligtigheid te vergewe. Hy wil vir die mense wie hy leed aangedoen het vierkantig in die oë kyk om sy berou uit te spreek.” 

Suidooster se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller, sê dat Dirk se koms baie ou wonde gaan oopkrap.

“Soos die legkaart oor Dirk se vormingsjare in plek val, gaan kykers dalk simpatie vir Dirk ontwikkel. Maar daar wag verrassings met nóg spoke uit Ruiterbosch se donker verlede wat hul opwagting maak,” sê hy.

Al dié kinkels beloof glo om vorige omstrede storielyne – soos die poligamie-storielyn van AB (Cedwyn Joel) en Farah (Lee-Ann van Rooi), Ian (Abudraghman Adams) wat tot ‘n val gekom het, Bridgette (Denise Newman) en Donovan (Marvin-Lee Beukes) se troue, asook Jerome (Danny Ross) se skielike dood, te oorskadu.

Suidooster
Evan Hengst vertolk die rol van Dirk in Suidooster. Hy het skielik weer sy verskyning gemaak ná kykers geglo het hy is doodgeskiet. Foto: Verskaf

Suidooster is verlede jaar by die SAFTAS as die land se beste sepie aangewys. Dit word op weekdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en om 18:30 op kykNET & kie (kanaal 145) gewys. Dit is ook op DStv Online en Catch Up beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies