Menu terloops
In Gons [25 Nov 2025]

‘Lottoland help ’n dorp’: Skryf jou dorp sommer vandag nog in vir vyfde seisoen!


As daar nou een program is wat die vlammetjie van hoop in dorpies regoor die land aangesteek het, is dit kykNET se lewensveranderende werklikheidsreeks, ‘Lottoland help ’n dorp’. En dié reeks soek nou inskrywings vir die volgende seisoen. 

‘Lottoland help ’n dorp’: Skryf jou dorp sommer vandag nog in vir vyfde seisoen!

Tot nou toe het 44 dorpe regoor Suid-Afrika baat gevind by Lottoland help ’n dorp. Dis nie net praatjies nie – danksy dié reeks is daar reeds meer as R30 miljoen in die platteland belê. 

Nou kan jóú dorp ook deel van dié projek – wat op die voortbestaan en vooruitgang van kleiner dorpies in die land gemik is – word. Luidens ’n mediaverklaring gaan ses dorpe vir gekies word om die dorp op die beste moontlike manier aan die land bekend te stel. Dink net wat kan alles met ’n maksimum begroting van R1 miljoen in jou dorp verrig word… 

Leah, Lottoland help 'n dorp
Die sangeres Leah is al van die eerste seisoen die aanbieder van Lottoland help ’n dorp. Foto’s: Verskaf

Suksesverhale 

Nog nie oortuig om in te skryf nie? Kyk net na ’n paar van die suksesverhale wat reeds deur kykers gesien is. 

Een van die beste voorbeelde is Coligny in Noordwes, die dorpie wat voor Lottoland help ’n dorp se hulp as die “dorpie wat in duie gestort het” bekend gestaan het. Dit was ook die dorp wat vir al die verkeerde redes die nuus gehaal het. Ná ’n R1 miljoen-inspuiting het die inwoners hul hoofstraat en dorpsingange opgeknap. Die gemeenskap het ook saamgestaan en ’n nuwe storie vir hul dorp begin skryf.

In die Oos-Kaap het Rhodes met minder as 30 permanente inwoners ’n groot oplewing in besoekers én belangstelling in die dorp beleef.

Die impak van die nuwe sportterrein wat by Vanwyksdorp in die Klein-Karoo tot stand gebring is, het so wyd uitgekring dat die inwoners sélf hul huise met ’n vars lagie verf verfraai en die dorp verder begin opknap het.

Maar dis nie net in die dorpe waar daar winde van positiewe verandering waai nie. Buurdorpe klop gereeld aan vir hulp en leiding om ook dieselfde oplewing in hul dorpe te bewerkstellig.

So skryf jy in:

Is jou dorp gereed om met groot visie, goeie beplanning en samewerking ’n merkwaardige omwenteling mee te bring? Wat belangrik is, is dat die projekte ook ’n duidelike visuele verskil toon. Kykers én besoekers moet dus die verandering kan sien.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies