Menu terloops

Sex in Afrikaans

Op Showmax [Gepubliseer op 15 Feb 2022]


Die Showmax Original dokumentêre reeks, ‘Sex in Afrikaans’, wys wat werklik agter geslote deure gebeur – en dui ook op die noodsaaklikheid om openlik en sonder vooroordeel daaroor te praat.

Kyk nou, ouderdomsperk 18VNSL

Sex in Afrikaans
Kyk lokprent

Kom ons praat ’n bietjie oor seks. Sommer ’n bietjie-baie. Die gesprekke in Sex in Afrikaans word gelei deur die kliniese sielkundige en seksuoloog Bradley Daniels soos hy allerlei onderwerpe met ’n paneel bestaande uit vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes takel.

Daar is ook onderhoude met sekswerkers, swingers, dominatrixes, ’n fopdosser, ’n dungeon master (jy sal maar self moet kyk), mense wat soos babas aantrek vir hul seksuele plesier en ander wat vollengte latex-pakke verkies.

Daar wag ook sekspoppe, mummifikasie, en ’n opwip-sekswinkel in Parys (die een in die Vrystaat, mense). Naakte waarhede uit die monde van mense soos Loslyf-stigter, Joe Theron, en Luvland-eienaar, Patrick Meyer, word ook gedeel. Basically – as dit enigsens iets met seks te doen het, gaan jy dit in dié dokkie sien.

Die TV-aanbieder en -vervaardiger Rian van Heerden, bekend vir onder meer Wie Word ’n Miljoenêr?, is die reeks se skepper en verteller.

Vanaf 14 Februarie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies