Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Dec 2024]

Jou telenovela-gids vir Desember 2024: Geraamtes strompel uit die kas uit in ‘My naam is Farah’


Farah word amper ontvoer… en dan pop haar eksman weer uit die niet uit op… Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Desember. Hier is ons handige kykgids.

Stroom aanlyn

Jou telenovela-gids vir Desember 2024: Geraamtes strompel uit die kas uit in ‘My naam is Farah’

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, My naam is Farah, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Maandag, 2 Desember 

Tahir wys vir Farah die besigheid wat hy van Bekir oorneem. Daar lê hy sy hart aan haar bloot. Kaan trek sy klag teen Mehmet terug.

Dinsdag, 3 Desember

Farah probeer Gonul ompraat om nie met Kaan te trou nie. Bade besoek Mehmet en dit loop sleg af. Chaos breek uit in Tahir se restaurant wanneer iemand ʼn wapen uithaal.

Woensdag, 4 Desember

Tahir vertel vir Farah hoe hy as kind mishandel is. Mehmet daag by die hospitaal op met Sadullah wat ʼn skoot aftrek en Kerimsah val neer.

Donderdag, 5 Desember

Mehmet red Tahir se lewe. Immigrasiebeamptes daag by Farah se huis op. Tahir neem ʼn belangrike plek in tydens Ali Galip se vergadering.

Maandag, 9 Desember

Farah trek by Tahir in om seker te maak dat hul huwelik eg voorkom. Die Akinci’s verwelkom vir Gonul, en daar is ʼn opwindende verwikkeling in Bade en Mehmet se verhouding.

Dinsdag, 10 Desember

Farah is baie opgewonde oor die skenker se aankoms. Tahir lewer ʼn roerende toespraak vir die immigrasiebeamptes. Bekir se gewete laat hom nie met rus nie.

Woensdag, 11 Desember

Kerim droom hy hardloop in ʼn groot tuin rond. Hy vertel later vir Farah ʼn man het hom in sy droom genader en dat dié vir hom soos sy regte pa gevoel het.

Donderdag, 12 Desember

Farah word amper ontvoer, maar iemand tree onverwags op om die situasie te beheer. Dít affekteer die hele Akinci-familie.

Maandag, 16 Desember

Tahir kry die beeldmateriaal waana hy soek, maar dit word by hom afgevat tydens ʼn polisie-padblokkade. Orhan oorhandig die hardeskyf aan Ali Galip.

Dinsdag, 17 Desember

Mehmet probeer Farah oorreed om hom te help om Ali Galip vas te trek, maar sy is bang dat Tahir sal uitvind wie Kerimsah se skenker vermoor het.

Woensdag, 18 Desember

Kaan en Gönül het planne om te trou, en nooi hul ouers vir aandete in ʼn restaurant. Die aand ontaard vinnig in ʼn nagmerrie.

My naam is Farah
Gönül (Derya Pinar Ak) en Kaan (Oktay Çubuk) se liefdesstorie is ook nie sonder drama nie. Foto: Verskaf

Donderdag, 19 Desember

Tahir en Mehmet werk deur ʼn polisiedossier op soek na ʼn verdagte. Bade laat Mehmet verstaan hoe sy voel. Vera en Ali Galip het ʼn woordewisseling terwyl Farah wegkruip.

Maandag, 23 Desember

Mehmet luister ʼn gesprek tussen Ali Galip en Ohran af en hoor dat hulle mekaar iewers gaan ontmoet. Die prokureur in Iran bel vir Tahir met die nuus dat Farah se eksman nog lewe.

Dinsdag, 24 Desember

Tahir kry ʼn oproep van Farah se eksman. Hy sê hy gaan binnekort Istanbul toe te kom. En hy wil Farah in Iran terughê sodat sy die prys vir haar sondes kan betaal.

Woensdag, 25 Desember

Farah en Tahir besoek Ali Galip en Vera op Tahir se verjaarsdag, waar Farah aankondig dat hulle Frankryk toe gaan verhuis. Ali Galip vra Bade uit oor haar verhouding met Mehmet.

Donderdag, 26 Desember

Ali Galip vind ʼn afluisterapparaat en is op die oorlogspad. Hy maak kontak met Behnam. Farah ontglip vir Haydar en ry saam met Bade om Mehmet te gaan sien.

My naam is Farah
Firat Tanis as Mehmet in My naam is Farah. Foto: Verskaf

Maandag, 30 Desember

Almal voel die naskokke van die aanval op Farah en Bade, maar dis onseker wie daarvoor verantwoordelik was. Farah vrees vir haar, Tahir en Kerim se toekoms.

Dinsdag, 31 Desember

Die dag van die troue breek aan. Farah maak ʼn plan sodat sy en Bade vir Mehmet kan ontmoet, maar Tahir sien hulle en ʼn bakleiery volg. Tahir besluit om Farah, Bade en Mehmet te help.


My naam is Farah word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies