Menu terloops
In Recaps & Resensies [21 Nov 2024]

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 5


Dinge het ver, ver van vlot verloop vir die ses spanne in vandeesweek se episode van kykNET se ‘Klein Paradys’.

Stroom nou

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 5

Die beoordelaars – Wicus Pretorius, Magdalena Bobotoni en Jessica Pieters – was slaggereed om die ses spanne se badkamers te beoordeel, maar nie één van die spanne kon in die vyf dae wat hulle gehad het, die badkamers klaarkry nie. En al het Mika vir die beoordelaars ’n briefie gelos met die woorde “Klein paradys is nie in een dag gebou nie”, was hulle nogtans bekommerd oor die deelnemers wat reeds so ver agter is. 

Baie ure, min om te wys

Hoewel die spanne alles in hulle vermoë gedoen het om die ruimtes betyds reg te hê, was dit haas onmoontlik. Yvett het gekla dat sy nog nie enige van die mooi dinge wat sy vir die badkamer gekry het, kan wys nie, aangesien dit nog nie naby aan klaar is nie. Elri en Juan-Louis het deur die nag geteël, maar ook dit was nie genoeg nie. En Johann en Lee-Ann het gehoop dat hul visie vir die eindproduk tog sal deurkom, al is hulle ook ver van klaar. 

Klein Paradys
Nie een van die spanne kon hul badkamers betyds voltooi nie. Foto: Verskaf

Die beoordelaars klim in

Die drie beoordelaars was bekommerd toe hulle sien dat nie een van die eenhede se badkamers voltooi is nie. Hulle moes dus hulle puntegradering doen op grond van wat hulle gesien het – halfklaar badkamers met sommige wat darem al lyk of daar ’n plan is. Die spanne se puntetellings was as volg:

  • Johann en Lee-Ann was eerste met 2.9 punte. Die beoordelaars het gehou van die span se gebruik van spasie en kon sien dat hulle ’n duidelik plan het. Omdat hulle gewen het, bly hulle steeds die toesighouers en wen hulle drie ure ekstra saam met die konstruksiespan. Hulle kan egter besluit om die tyd vir ’n ander span te gee. 
  • Maggie en Gerrie was tweede met 2.8 punte. Die beoordelaars het gehou van die pienk, grys en goue kleurskema, asook die goeie beligting. Plek vir die handdoeke en die hoogte van die stortkop was egter ’n bekommernis.
  • Jannie en Mika was derde met 2.5 punte. Weer was daar bekommernis oor die beligting, maar die beoordelaars het gehou van die slim beplanning van pakplek.
  • Juan-Louis en Elri was vierde met 2 punte. Die beoordelaars was bly dat die span geluister het en die badkamer kleiner gemaak het. Maar hulle was bekommerd oor hoe min daar nog gedoen is en het bedenkinge gehad oor van die materiaal wat gebruik is. 
  • Yvett en Klaas was vyfde met 1.6 punte. Die beoordelaars se kritiekpunte was dat die teëls nie meer neutraal is nie; dat daar nie genoeg lig is nie en dat veral die een soort teëls wat gebruik is, moeilik sal wees om skoon te maak. 
  • Claudia en Alicia was sesde met 1.5 punte. Dit het gelyk of die twee susters meer versier as gebou het. Hulle het ook nie na die beoordelaars se raad geluister om die badkamer kleiner te maak nie. 

Wat volgende? 

In episode 6 gee Johann en Lee-Ann hul ekstra drie ure konstruksietyd vir ’n ander span, maar is dit die regte besluit? Van die deelnemers begin oor Jannie mor, wat meer praat as doen wanneer dit by die gedeelde projekte kom.


Klein Paradys is op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies