Menu terloops
In Wat om te kyk [9 Sep 2025]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Nêrens, Noord-Kaap Deel II’

Kom kyk saam met ons wat agter die skerms op die stel van ‘Nêrens, Noord-Kaap Deel II’ – wat vanaf volgende week op Showmax beskikbaar is – gebeur het. Al dié foto’s is deur Zaheer Banderker geneem.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Nêrens, Noord-Kaap Deel II’

Die lang wag is uiteindelik verby! Nêrens, Noord-Kaap Deel II is vanaf Dinsdag 16 September 2025 op Showmax beskikbaar om te stroom nadat dit verlede jaar op kykNET uitgesaai is. Dié reeks van 13 episodes tel op waar die eerste 13 episodes geëindig het. Al die hoofspelers van Deel 1 is ook in Deel II te sien, en dieselfde produksiespan, Nagvlug Films, was agter die skerms doenig. 

Wat gebeur volgende in die storie?

Ná afloop van die wankelrige reis terug na hul ouerplaas, Nêrens, probeer drie broers, Frans (Geon Nel), Ronnie (Albert Pretorius), en Andries (De Klerk Oelofse), en hul pa (Frank Opperman) mekaar ná jare van vervreemding opnuut leer ken. Maar hoe leer jy liefhê as die dolk van ’n ma se dood steeds diep in almal se harte steek? Soos met Deel I, is daar in Deel II tonele wat in die hede asook in die verlede – toe die drie broers nog jonk was – afspeel.

Hier is wat agter die skerms op die stel van dié dramareeks gebeur het.

(Al die foto’s is deur Zaheer Banderker geneem.)

Nêrens, Noord-Kaap Deel II is vanaf 16 September 2025 op Showmax beskikbaar om te stroom. Deel I is ook reeds op Showmax beskikbaar.

Nerens Noord-Kaap Deel II, kykNET, DStv, DStv Stream, Credit Nerens Noord-Kaap Deel II, kykNET, DStv, DStv Stream, Credit Zaheer Banderker

Credit Zaheer Banderker

Dié artikel is oorspronklik in September 2024 gepubliseer met die première van die reeks op kykNET (DStv-kanaal 144). Die oorspronklike artikel is aangepas met die reeks se nuwe uitsaaibesonderhede op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies