Menu terloops
In Lysie-lysie [10 Aug 2022]

5 sepie-vroue wat ons vasgenael voor die kassie hou


Nee kyk, dit is ’n regte love/hate relationship tussen kykers en ons sepie-skurke, maar elkeen van dié karakters is ook ’n voorbeeld van ’n sterk, onafhanklike vrou. Vir vrouemaand – maar ook elke maand! – eer ons hierdie onvergeetlike badass TV-vroue.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
5 sepie-vroue wat ons vasgenael voor die kassie hou

Hulle het ons al laat huil, lag, vloek en skree – maar nes ’n ongeluk langs die pad, kan ons nie wegkyk as een van dié sepie-vroue op die kassie verskyn nie. Jy wil jou hare uittrek as hulle met hul neukery en skelmstreke begin… Tog kry jy so lekker as hulle uiteindelik hul dag kry.

Nee kyk, dit is ’n regte love/hate relationship tussen kykers en ons sepie-skurke, maar elkeen van dié karakters is ook ’n voorbeeld van ’n sterk, onafhanklike vrou. Elkeen kom van humble beginnings en het suksesvolle vroue geword. In die werklike lewe is hulle ook sterk ma’s, oumas en vroue. 

Vir vrouemaand – maar ook elke maand! – eer ons hierdie onvergeetlike badass TV-vroue: 

1

Ingrid van Schalkwyk/Wendy Newman – Arendsvlei 

Nee, dit is nie twee karakters nie, dit is dieselfde persoon! Maar Ingrid van Schalkwyk se persoonlikheid en baggage is só enorm dat sy ’n tweede identiteit nodig gehad het om haar bas te red. Ingrid het sonder haar oorlede ma grootgeword en haar pa was vir meeste van haar lewe in die tronk. Glo is dít die rede agter hoekom sy Arendsvlei se grootste skurk geword het.

Deesdae gee Ingrid voor dat sy ná haar eerste hofverskyning bekeer is, maar min val vir haar stories. Sy weet net hoe om ons kwaad te maak, maar wegbly kan ons ook nie, want Rehane Abrahams se briljante toneelspel trek ons elke week net dieper in.  

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

2

Dr. Annelize Roux – Binnelanders

Cindy Swanepoel vertolk al sedert 2015 die rol van die gehate dr. Annelize Roux. In die werklike lewe is Cindy avontuurlustig, sjarmant en pret, alles wat haar ernstige karakter nie is nie. Baie kykers sou dink dat Annelize net ’n man nodig het, sodat hy haar aandag kan aflei en haar besig kan hou, maar ongelukkig vind Annelize altyd tyd om te konkel. Oor die jare het sy al deur amper al die manne in Binneland se gange gedraf. Dit is net die een onsuksesvolle verhouding ná die ander, behalwe as dit by haar skelm planne kom.

Dit kan frustrerend wees om hierdie karakter dop te hou, maar tog wil ek hê Annelize moet eendag iemand vind wat haar uit die moeilikheid sal hou.  

Kyk Binnelanders op DStv Online

3

Bonita – 7de Laan 

Toe Bonita, vertolk deur Hildegardt Whites, meer as tien jaar gelede in Hillside ingetrek het, was sy stil en teruggetrokke. Vandag is sy ’n power house

Vir jare was kykers invested in haar verhouding met die geliefde sjef Vince Meintjies (Jacques Blignaut) en ek het gedink Vince sal hierdie rebel kan verander, maar haar mag ken geen einde nie.

Anders as meeste TV-skurke het Bonita ’n sagter kant en het ons ook gesien hoe sy haarself van tronkvoël na sakevrou opbou. Maar moet nooit met haar mors nie, want Bonita weet hoe om die poppe te laat dans.  

Kyk 7de Laan op DStv Online.

4

Bridgette October – Suidooster 

Nes haar karakter is Denise Newman die matriarg van haar gesin, maar anders as Bridgette is hierdie ouma sag en spontaan.

As daar ooit ’n plaaslike TV-gesin was wat my aan ’n Italiaanse Mafia-gesin herinner, is dit beslis die Jacobs/October-gesin. Hulle het die geld, die styl en die mag. Alles wat hulle doen is uit liefde vir hul familie, maar dikwels is dit tot ander se nadeel. Bridgette is boonop altyd die meesterbrein.

Sy is gevaarlik, maar jy wil, soos sy, ook ’n gerespekteerde sakevroue met haar klerekas en mansion wees.  

Kyk Suidooster op DStv Online.

5

Amanda – Getroud met Rugby 

Van dag een af het Amanda (Natasja Jacobs) dinge by die Stryder-gemeenskap kom omkrap en nou kan ons nie genoeg kry nie. Amanda lyk baie onskuldig, maar sy het altyd ’n nuwe slagoffer en gewoonlik is hulle sexy met ’n baard en groot spiere. Nee kyk, ek sal nooit my man naby Amanda toelaat nie, maar as kykers is daar altyd pret en drama as Amanda betrokke is. Sy vryf jou altyd verkeerd op, maar ons wil ook sien wat volgende gaan gebeur.  

Kyk Getroud met Rugby op DStv Online en Showmax.

Eervolle vermelding:  

  • Voor Gita Mcgregor, Ladesi Moloi, Louwna Edwards en Ingrid van Schalkwyk, was daar Sandra Stutterheim (Heléne Lombard). ’n Meer ikoniese badgirl is daar nie! Sy het die Terblanche-familie op 7de Laan se lewens in die 90’s en vroeë 2000’s hel gemaak. Wie sal nou Sandra se fake geheueverlies kan vergeet? Daai vrou was so “siek” dat sy vir ’n tyd lank in die huis van die Terblanche-familie gewoon het en deur hulle versorg is… Dít terwyl sy hul ondergang beplan het. Sy was TV-goud en ná jare weg van die kameras, om voltyds ma te wees, het sy verlede jaar haar comeback op VIA gemaak as die Boerediva.     
  • Vivian/Charmaine (vertolk deur Vinette Ebrahim) het vir Suid- Afrikaanse kykers hul eie Marlena Evans/Dr. Jekyll & Mr. Hyde-oomblik gegee. Almal was mal oor Charmaine, die geliefde moederhen en bestuurder van Oppiekoffie, but we never saw Vivian coming! Vinette het hierdie rol uitstekend vertolk en ek was regtig bang vir Vivian. Sy was die grootste en lekkerste skok in Suid-Afrikaanse sepiegeskiedenis.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies