Menu terloops
In Gons [26 Aug 2025]

5 goed wat jy van ‘Spoorloos: Losprys’ moet weet


Dis die een raaisel ná die ander in die senutergende dramareeks ‘Spoorloos’ se nuwe seisoen. Hier is ’n paar goed wat jy oor ‘Spoorloos: Losprys’ moet weet.

5 goed wat jy van ‘Spoorloos: Losprys’ moet weet

Spoorloos se vyfde seisoen, Spoorloos: Losprys, is soos die vorige aflewerings van dié reeks ’n losstaande spanningsverhaal. Die vorige seisoene van die reeks is op Showmax beskikbaar.

Dié uittog handel oor ’n ryk wildboer, Brand (Louis Minnaar), wie se tiener-kleindogter, Karla (Lienke Vermeulen), ontvoer word tydens haar pa, Willem (Neels Clasen), se moordverhoor. Sy is ’n sleutelgetuie in die saak. Haar ma, Lynette (Angelique Pretorius), word genoodsaak om haar eks-minnaar, Frank (Laudo Liebenberg), om hulp te vra, synde hy die enigste ervare speurder in die distrik is. Maar sodra die saak opgelos word, verdwyn nog iemand spoorloos – en hierdie keer word geen losprys geëis of leidrade verskaf nie… 

Hier is vyf goed wat jy oor die nuwe seisoen moet weet: 

1

Losprys is die vyfde seisoen in die Spoorloos-reeks. Die eerste een was net Spoorloos getitel en is in 2018 uitgesaai. Daarna het Spoorloos: Heksejag  (2020), Spoorloos: Steynhof (2021) en Spoorloos: Die eiland (2022) gevolg. 

2

Hierdie is die eerste keer in tien jaar wat Angelique Pretorius, bekend vir haar werk in Binnelanders, Hartland en Lien se lankstaanskoene, weer in ’n Afrikaanse reeks speel. Die Amerikaanse rolprent Mind Thief (2022) waarin sy die hoofrol gespeel het en die medeskrywer van was, het verskeie toekennings gewen, onder meer vir beste rolprent en beste draaiboek by die Boston Science Fiction Film Festival. Dit het ook gewen vir beste rolprent en beste aktrise by Film Invasion L.A., en beste rolprent by die Los Angeles Film Awards. 

3

Dis nie die eerste keer wat Angelique Pretorius en Laudo Liebenberg saam aan ’n reeks werk nie. Hulle het ook saam in die Amerikaanse TV-reeks Black Sails gespeel wat buite Kaapstad verfilm is. 

4

Die akteur Deon Coetzee speel vir die derde keer in Spoorloos. Hy was Werner Malan in die eerste seisoen en Freek Lambrecht in Spoorloos: Die eiland

5

Die skrywer van Spoorloos: Losprys is Mitzi Booysen. Sy het haar loopbaan as aktrise begin, maar in die vroeë 1990’s ’n draaiboekskrywer vir Egoli geword. Sy was die hoofskrywer van Binnelanders en het ’n allemintige 3 906 episodes op haar kerfstok. Mitzi was ook betrokke by die sepies Isidingo en Scandal! en die dramareeks Lioness


Spoorloos: Losprys is van Dinsdag 26 Augustus om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. Die vorige vier seisoene van Spoorloos is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies