Menu terloops
In Lysie-lysie [17 Apr 2022]

4 hoppende hase op Netflix


Die Paashaas kom kuier die naweek en op Netflix is daar sommer ʼn paar kinderreekse met langoor-hoofkarakters om kleingoed besig te hou.


Deur Riëtte van der Wat
4 hoppende hase op Netflix
1

Peter Rabbit

Peter Rabbit dra ʼn moderner, tog tydlose, baadjie in hierdie verwerking van Beatrix Potter se klassieke kinderstories, wat dit toegankliker maak vir ʼn nuwe generasie kinders.

Dat Potter se boeke gespreek het tot ouers en kinders in 1902, maak sin. Dit fassineer my egter altyd dat Potter se stories steeds so gewild is. Die temas is in baie gevalle nogal donker (pappa-hase wat in pasteie gebak word en so…) Haar styl is boonop ʼn bietjie hoogdrawend.

Maar dit maak sin dat Peter en sy kattekwaad ná soveel jaar steeds as inspirasie dien vir televisie- en rolprentverwerkings.

Hierdie reeks op Netflix is beslis met ʼn moderne generasie in gedagte gemaak. Daar is Disney-styl liedjies om aksie-tonele mee in te kleur en die animasie is modern en waarlik pragtig.

Peter en sy maats Benjamin Bunny en Lily Bobtail beland in allerlei penaries, waaruit hulle met spanwerk en flink-dink wriemel.

Wees gewaarsku dat Farmer McGregor en die slinkse vos gereeld probeer om die hasies te vang. Die vos wil hulle eet vir aandete… Sensitiewe kykers sal dalk hierdeur ontstel word.

Daar is twee seisoene op Netlix beskikbaar.

2

Simon

Simon is ʼn animasiereeks oor die lewe van ʼn verbeeldingryke hasie en sy alledaagse avonture.
Die animasie is eenvoudig, maar treffend en kleurvol, wat dit ideaal maak vir kleuter-kykers (my sesjarige was ook vasgenael). Die reeks is gegrond op storieboeke deur Stephanie Blake en die animasie bly getrou aan die illustrasies in die boek.

Dis die tipe kinderprogram waarvan ons meer nodig het. Die stories praat op kinders se vlak met hulle en weerspieël alledaagse ervarings waarmee hulle sal kan vereenselwig. Simon word byvoorbeeld Super Rabbit wat sy boetie se kombersie moet ‘red’, maar dapper moet wees as ʼn splinter uit sy hand gehaal word. Hy baklei met sy baba-boetie wat hom naboots en moet leer om te deel en saam te speel. Dit beeld ook gelukkige, positiewe gesinsverhoudings uit. Maar buiten vir al hierdie goed, is dit ook net oulike stories waarvan kinders sal hou.

Die episodes is kort en ideaal vir kleintjies met beperkte skermtyd.

3

Molang

ʼn Ronde wit hasie, Molang, en sy ronde kuikenmaatjie Piu-piu speel saam in hierdie super-eenvoudige maar baie oulike animasiereeks met karakters wat almal soos Minions klink.

Molang is eksentriek en entoesiasties, terwyl Piu-piu skaam en emosioneel is (aldus IMDB).

Die reeks is eintlik maar ʼn advertensie vir Molang-merch, maar die humor is kindervriendelik, die aksie is onskuldig en probleme word redelik maklik opgelos.

Elke episode is net drie minute lank en dis ideaal vir peuters en kleuters.

4

Sunny Bunnies

Hierdie klomp lyk meer soos kleurvolle paaseiers as hase, maar dit daar gelaat.

Uit ʼn ouer se perspektief is hierdie reeks nie die beste van die lot op die lys nie. Die hase is baie stout en vang allerhande dinge aan wat hulle in die moeilikheid laat beland. Hulle is dus nie juis rolmodelle nie en dis algemene kennis dat kinders sponsies is as dit by TV-karakters se gedrag kom.

Maar uit ʼn kind se perspektief is die reeks prettig en ʼn ma moet seker ook maar ʼn sin vir humor ontwikkel. En dis darem nie nét sleg nie, want in een episode probeer die hasies darem hul huilende maatjie opbeur.

Laat die Sunny Bunnies net in baie, baie klein dosisse op jou kroos los as jy moet, maar vermy hulle as jy kan.

Nog hasies wat op TV hop:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies