Menu terloops

XO, Kitty S1

Op Netflix [Gepubliseer op 18 Mei 2023]


‘XO, Kitty’ op Netflix is prettige spookasem-kykstof vir wanneer jy nie jou brein wil gebruik nie en nie weet wat om te kyk nie.

XO, Kitty S1
Kyk lokprent

As jy ’n aanhanger van Jenny Han se To All the Boys I’ve Loved Before is, dan gaan die spin-off XO, Kitty waarskynlik ook plesierige kykvermaak vir jou wees. 

Anders as in To All the Boys, draai XO, Kitty nie om die vurige vonk tussen Kitty se suster, Lara Jean (Lana Condor) en Peter Kavinsky (Noah Centineo) nie. Dis eerder geliewe Kitty se liefdeslewe – en hart – wat hier blootgelê word.

Kitty dit reg om haar pa te oortuig om haar toe te laat om na Korea te reis en vir ’n tyd by haar oorlede ma se alma mater skool te gaan. Heel onrealisties. Want dis mos heel toevallig dat haar langafstandkêreld ook by dié kosskool klas loop. Daar gekom, besef Kitty egter blitsig dat verhoudings nie so eenvoudig is soos wat sy gedink het nie.

Soos in die To All the Boys-flieks, vertolk Anna Cathcart die rol van Kitty. Ook in die rolverdeling tel onder andere Choi Min-young, Anthony Keyvan en Gia Kim. Han is ook hiér die storieskepper.


Vanaf 18 Mei 2023 op Netflix beskikbaar om te stroom. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies