Menu terloops

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty is ’n moet-kyk-sportdrama wat jou vasgenael hou – amper soos die laaste vyf minute van ’n Springbok-rugbywedstryd teen Engeland met ’n gelykoptelling.

Kyk nou

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty S1
Kyk lokprent

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty is ’n sportdrama wat deur HBO vervaardig is.

Die storie draai om die Lakers-basketbalspan se ware mars – voortwaarts en opwaarts – in die 1980s. Dit vertel dus die stories – in fiktiewe formaat – van die spelers, afrigters en gebeure wat daartoe gelei het dat die Lakers steeds onder die mees gerespekteerde sportspanne ter wêreld is.

Die konsensus op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes is dat die vertelling oor die daarstel van die Lakers-dinastie – op en van die baan af – ’n “slam dunk” is. Winning Time het ’n punt van 84% op dié webwerf en is ook reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

Winning Time se sterbelaaide rolverdeling word gelei deur die Oscar-benoemde John C. Reilly en Jason Clarke (Mudbound), met nuwelinge Quincy Isaiah en Solomon Hughes wat die legendariese spelers Magic Johnson en Kareem Abdul-Jabbar vertolk. DeVaughn Nixon (SnowfallRunaways) vertolk die rol van sy actual pa, NBA-ster Stormin’ Norman Nixon. Oscar-wenners Sally Field en Adrien Brody maak ook deel van die akteurspoel uit.

Stroom vanaf 1 Junie op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies