Menu terloops

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jun 2022]


Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty is ’n moet-kyk-sportdrama wat jou vasgenael hou – amper soos die laaste vyf minute van ’n Springbok-rugbywedstryd teen Engeland met ’n gelykoptelling.

Kyk nou

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty S1
Kyk lokprent

Winning Time: The Rise of the Lakers Dynasty is ’n sportdrama wat deur HBO vervaardig is.

Die storie draai om die Lakers-basketbalspan se ware mars – voortwaarts en opwaarts – in die 1980s. Dit vertel dus die stories – in fiktiewe formaat – van die spelers, afrigters en gebeure wat daartoe gelei het dat die Lakers steeds onder die mees gerespekteerde sportspanne ter wêreld is.

Die konsensus op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes is dat die vertelling oor die daarstel van die Lakers-dinastie – op en van die baan af – ’n “slam dunk” is. Winning Time het ’n punt van 84% op dié webwerf en is ook reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

Winning Time se sterbelaaide rolverdeling word gelei deur die Oscar-benoemde John C. Reilly en Jason Clarke (Mudbound), met nuwelinge Quincy Isaiah en Solomon Hughes wat die legendariese spelers Magic Johnson en Kareem Abdul-Jabbar vertolk. DeVaughn Nixon (SnowfallRunaways) vertolk die rol van sy actual pa, NBA-ster Stormin’ Norman Nixon. Oscar-wenners Sally Field en Adrien Brody maak ook deel van die akteurspoel uit.

Stroom vanaf 1 Junie op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies