Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Okt 2021]

Wie word ’n miljoener?


Rian van Heerden is die aanbieder van die eerste Afrikaanse weergawe van die alombekende vasvra-reeks.

Wie word ’n miljoener?
Kyk lokprent

Die eerste Afrikaanse weergawe van dié internasionale reeks is aan die beurt met Rian van Heerden as quiz master wat deelnemers in hul eie antwoorde en kennis laat twyfel deur oor en oor te vra: Is jy seker? Wil jy jou antwoord verander? Phone a friend? 

Die eerste seisoen met 13 episodes begin 27 Oktober op DStv met die tweede reeks wat direk daarna uitgesaai word. Wie word ’n miljoener? bly getrou aan die oorspronklike Britse Who Wants to Be a Millionaire?-formaat met deelnemers wat deur 15 meervoudige keuse-vrae moet draf tot die finale ronde, waar die grootse goudpot wag. Die reeks sal terselfdertyd op Showmax beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies