Menu terloops
In Recaps & Resensies [9 Okt 2024]

‘Wie word ’n miljoenêr’: Nog ’n R125 000-wenner!


Die programaanbieder Rian van Heerden is soos altyd slaggereed om die ‘Wie word ’n miljoenêr’-deelnemers lekker te laat sweet in hul strewe na rykdom in vandeesweek se episode.

Deur Annelene Oberholzer

Kyk op DStv Stream

‘Wie word ’n miljoenêr’: Nog ’n R125 000-wenner!

In verlede week se episode van kykNET se vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr het die legendariese blitsbrein en vryskut-joernalis Daantjie Badenhorst (56) R50 000 in sy sak gesteek, hopelik genoeg om met ’n nuwe motor te help.  

Hoe ver gaan vandeesweek se deelnemers kom?

Die ses spelers

  1. Evan Williams (Johannesburg)
  2. Philip Nell (Pretoria)
  3. Charisa Steyn (Kaapstad)
  4. Chris Oosthuizen (Kroonstad)
  5. Theron van Dyk (Seepunt)
  6. Nicola Giles (Wynberg)

Die eerste vinnigste vingers

TV-vlooie gaan beslis voordeel trek uit die eerste vraag om die vinnigste vingers te vind. TV-reekse – van Game of Thrones tot The Golden Girls – moet in chronologiese volgorde vanaf die eerste uitsending rangskik word. 

Vier van die deelnemers is reg, maar dis die artikelklerk Evan Williams (28) wat binne 5.002 die korrekte orde neerpen.  

Die vraag wat Evan eerste kry, is oor die uitdrukking wat die Bok-haker Bongi Mbonambi tydens die 2023-Wêreldbeker berug gemaak het. Maar Evan sukkel met die lang sin omdat hy Engelssprekend is . . .

Hy besluit om die gehoor te vra. 79% kies “Wit kant” en Evan besluit om hulle antwoord te aanvaar. Dis natuurlik korrek.

Hy is in die kol met Billy Ray as Miley Cyrus se pa, maar brand vas met die derde vraag oor watter suur voorkom in suurlemoene en ander sitrusvrugte. Hy span sy tweede hulplyn in en wil by Rian die antwoord weet. Rian kies “sitroensuur” en Evan se beursie word voller.

Toe Rian wil weet tussen watter twee vastelande die Suez-kanaal aangetref sal word, span Evan sy derde hulplyn in, die keer kies hy “Bel ’n pêl”. Sy vriend Hannes word gebel en danksy sy laaste-sekonde antwoord kies Evan Afrika en Asië en haal daarmee die R6 000-kerf.

Hy bereik die eerste vangnet van R10 000 toe hy korrek antwoord dat prinses Diana in Parys gesterf het. Hy kies sy tweede vangnet op vraag 7 vir R20 000. Hy bereik die vangnet met OJ Simpson se handskoen as die antwoord.

Is die Tartaros, volgens die Griekse mitologie, ’n reustetrekdier? Nee, dis ’n tronk en hiermee word Evan met R20 000 huis toe gestuur.

Die tweede vinnigste vingers

Wie gaan weet watter Suid-Afrikaanse musiekgroepe is eerste en watter laaste gestig? 

Philip Nell (34), ’n elektroniese ingenieur, is die vinnigste met sy vingers wat binne 7.731 sekondes van die oudste tot die jongste groep neerpen: F*kofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf en Droomsindroom.

Philip erken sport is nie sy ding nie, hy verkies skaak. En toe hy moet antwoord watter sokkerspan is nie deel van die Engelse Premierliga nie, wend hy hom na die gehoor. Aston Lapa is natuurlik die verkeerde antwoord – en 91% van die gehoor is in die kol met hul stemmery.

Sy antwoord oor Jack the Ripper laat hom die eerste vangnet van R10 000 haal. Hy stel sy tweede vangnet op vraag 12 vir R125 000. Maar die vraag oor Tyla en watter natuur-element by haar sukses betrokke is, laat hom kopkrap. 

Hy span die 50/50-hulplyn in en moet kies tussen water en vuur. Hy kies water. En dis in die kol! Inderdaad, omdat die liedjie wat haar op haar pad van roem geplaas het, se naam Water is . . .

Philip kry ’n tameletjie van ’n vraag rondom die renbaan waar die legendariese Ayrton Senna op 1 Mei 1994 gesterf het. Na ’n goeie debat, hoofsaaklik met homself, en met R50 000 op die spel, kies hy Imola. En hy is wraggies korrek.

Wie het op 21 Maart 2006 die eerste keer ’n boodskap op Twitter gedeel? Philip is onseker en besluit op sy “Bel ’n pêl”-hulplyn. Gaan Rikus hom kan help? Rikus glo dis Jack Dorsey en Philip gaan sy raad volg. En danksy daardie antwoord beland Philip nou op R70 000.

Sy volgende vraag is die vangnetvraag op R125 000. Philip se antwoord dat George R.R. Martin se boeke waarop die TV-reeks Game of Thrones gebaseer is, A song of Ice and Fire is, is die antwoord wat hom daardie heerlike bedrag in die sak bring. Hy gaan beslis sy Titanic Lego-stel nou kan koop!

Die R250 000-vraag handel oor op watter gebou 11 konstruksiewerkers op ’n staalbalk in New York sit. Dit is sekerlik een van die mees ikoniese foto’s ooit. Philip antwoord dat dit die Chrysler-gebou is en daarmee sneuwel sy optog na die miljoen rand. Die korrekte antwoord is 30 Rockefeller Plaza.

Die derde vinnigste vingers

Theron van Dyk het die derde vinnigste vingers gehad. Foto: Verskaf

Wie ken die lewensiklus van ’n padda die beste? Dis Theron van Dyk (62), ’n besigheidsanalis, wat binne 3.809 sekondes die regte volgorde neergeskryf het. Hy draf ook die vyf vrae tot by die eerste vangnet van R10 000 met die grootste gemak kaf.

Theron stel sy tweede vangnet vas op vraag 9 vir R30 000. Vir die vraag oor wat ’n molotov cocktail is, besluit Theron om sy 50/50-hulplyn in te span. Die korrekte antwoord is natuurlik ’n petrolbom en daarmee skuif Theron op na R20 000. 

Maar voordat Rian die vraag vir R25 000 kan stel, kondig die sirene die einde van die opname-sessie aan. Theron sal volgende week moet terugkeer om te kyk of hy daardie R1 miljoen syne kan maak.


Wie word ’n miljoenêr saai weekliks op Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uit. Episodes is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies