Menu terloops
In Gons [13 Aug 2024]

‘Wie word ’n miljoenêr?’: Gaan iemand uiteindelik die miljoen wen?


Die vierde seisoen van die Afrikaanse vasvraprogram, ‘Wie word ’n miljoenêr’, begin eersdaags weer op kykNET. Tot dusver het niemand al die koel miljoen gewen nie, maar die nuwe seisoen se flinkdinkers staan ’n goeie kans…

‘Wie word ’n miljoenêr?’: Gaan iemand uiteindelik die miljoen wen?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in September vir ’n vierde keer na kykNET terugkeer? 

Die taak gaan weer op Rian van Heerden, as aanbieder van die Afrikaanse weergawe van die wêreld se grootste vasvraprogram, se skouers rus om deelnemers se algemene kennis te toets wanneer hulle in die vuurwarm stoel hul sitplek inneem. 

Só maak mens

Soos in die verlede, is die eerste vangnet vir die deelnemers na die vyfde vraag op R10 000 gestel. Daarna kry hulle die geleentheid om self hul tweede vangnet vas te stel vanaf die sesde tot die 14de vraag van die 15 vrae. 

Deelnemers mag net drie van die vier beskikbare hulplyne gebruik waarvan elkeen net eenmalig ingespan kan word. Hulle kan die gehoor vra vir hulp of vir ’n 50/50 vra waar twee van die vier moontlike antwoorde verwyder word. Dan kan hulle ook ’n pêl bel of vir Rian vra om uit te help met die antwoord.

Gaan vanjaar die jaar wees wanneer iemand daardie miljoen rand-teiken gaan haal? Tot dusver kon nog net twee deelnemers met R500 000 uit die ateljee stap. 

Die sakejoernalis en skrywer Theunis Strydom het in 2022 dit reggekry en in die derde seisoen, in 2023, het die joernalis Susan Booyens dieselfde teiken behaal. Sy was net één korrekte antwoord weg van die aanloklike prysgeld!

Spesiale seisoen

Die vierde seisoen se deelnemers verteenwoordig ’n ongewone en breë spektrum van beroepe. Daar is byvoorbeeld ’n jong mediese student, ’n rugbyskeidsregter, ’n waaghals en selfs ’n kern-ingenieur wat gaan probeer om met hul algemene kennis die R1 miljoen huis toe te vat.

Dan is daar ook die spesiale gedenk-episode om twee groot gebeurtenisse in Suid-Afrika te vier.

Waar was jy op 6 November 1999? Dit was die eerste keer dat Suid-Afrikaners plaaslik op M-Net kennis gemaak is met Who Wants To Be A Millionaire? met die sjarmante joernalis, radioman en TV-aanbieder Jeremy Maggs as die man wat destyds die vrae gevra het. 

Maar ook kykNET het 25 jaar se rede om fees te vier. Op 15 November 1999 is dié gewilde DStv-kanaal vir die eerste keer aangeskakel.

Vir dié spesiale geleentheid is ses van die beste Wie word ’n miljoenêr?-deelnemers van die vorige drie seisoene genooi om vir liefdadigheid te kom speel. Theunis, Susan en vier wenners wat elk R250 000 in hul sak kon steek, gaan met hul vinnige vingers en kennis daardie vuurwarm stoel laat smelt.


Wie word ’n miljoenêr word vanaf Woensdag 4 September om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies