Menu terloops
In Recaps & Resensies [11 Sep 2024]

‘Wie word ’n miljoenêr’: Vang slim sy baas?


Hein Viljoen van Bloemfontein se tydjie in ‘Wie word ’n miljoenêr’ se warm stoel is tydens die eerste episode deur die tydsduur kortgeknip en met die aanvang van hierdie episode sit hy weer daar. 

Deur Annelene Oberholzer
‘Wie word ’n miljoenêr’: Vang slim sy baas?

Hein het aanbieder Rian van Heerden na sy asem laat snak toe hy sy eie vangnet in die eerste episode op R500 000 gestel het. Ja, daar’s nie tyd vir speletjies speel vir dié Vrystater op kykNET se Wie word ’n miljoenêr nie. 

Terug in die warm stoel

“My kop is maar hard, Rian. Ek leer moeilik,” is Hein se antwoord oor hoekom hy onmiddellik vir daardie groot vangnet gemik het. Met die prysgeld nou op R70 000 noem Rian aan die gehoor dat Hein die afgelope twee jaar ernstige mediese prosedures ondergaan het. 

Hein bevestig dat hy twee breinoperasies gehad het, waarop Rian wil weet of daar vir hom rekenaarskyfies ingesit is tydens die prosedures omdat hy hierdie vrae so goed antwoord.

Die vraag oor genl. Koos de la Rey se dood in 1914 lei daartoe dat Hein sy laaste hulplyn gaan inspan en skoonpa Ron is die een wat moet help. Ron antwoord dat die padblokkade opgestel was om die Foster-bende vas te trek. Dit is die regte antwoord vir R250 000!

Die vangnet-vraag vir R500 000 handel oor die letter P in die naam van die kettingwinkelgroep SPAR wat in 1932 deur Adriaan van Well in Nederland gestig is. Hein wik en weeg of hy halt gaan roep en of hy gaan deurdruk, al is hy onseker van die korrekte woord. Hy besluit om te speel en nie die R250 000 te vat nie.

“Ek gaan nou ’n R240 000-fout maak hier,” sê hy en sê die letter P staan vir Producten. En Hein is reg… Omdat hy verkeerd gekies het. Die P staan vir Profitering. Daarmee spat sy droom van ’n miljoen rand in skerwe.

Hein Viljoen, Wie word n miljoener
Hein Viljoen. Foto: Skermgreep

Die ses spelers

  • Jeanne Fourie (Stellenbosch)
  • Deon Dixon (Strand)
  • Lyndon Julius (Raithby)
  • Riette Lindeque (Vereeniging)
  • Francois van Dyk (Johannesburg)
  • Louis Boshoff (Centurion)

Die eerste vinnigste vingers

Die gr. 2-onderwyseres, Jeanne (41), is eerste om die kunstefeeste binne 7.643 sekondes in chronologiese orde volgens die jaar waarin elkeen ontstaan het, te plaas. Haar antwoord oor haar gunsteling-tennisspeler, Steffie Graf, laat haar op die R10 000-kerf staan.

Sy kies haar tweede vangnet op die agtste vraag vir R25 000. 

Die vraag oor die enigste produk wat Amazon.com in 1994 begin verkoop het, laat Jeanne die 50/50-hulplyn kies. Sy kan nie tussen boeke en speelgoed besluit nie – maar nadat die hulplyn speelgoed verwyder, kies sy boeke. En daardie antwoord bring die totaal op R15 000. 

Wie word 'n miljoener
Jeanne Fourie. Foto: Skermgreep

Jeanne wend haar na die Wie word ’n miljoenêr-gehoor om te help met die antwoord op watter menslike orgaan die ergste deur sistiese fibrose geraak word. Die gehoor kies longe en sy aanvaar dit as die antwoord. Haar keuse laat die geldbeurs na R20 000 styg.

Haar korrekte antwoord op Giuseppi Verdi se opera besorg haar R25 000 in die sak, die bedrag waarop sy haar tweede veiligheidsnet gestel het. 

Sy is onseker oor die mees onlangse Suid-Afrikaanse skrywer wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het en span haar laaste hulplyn in: ’n oproep aan een van haar vriende, Michelle. En dis boonop Michelle se verjaardag en Rian sing al te oulik vir haar. Michelle is oortuig die antwoord is Nadine Gordimer en Jeanne kies dit. Maar dis verkeerd – die antwoord is JM Coetzee.

Dis ’n gelukkige Jeanne wat met R25 000 in haar sak huis toe gaan.

Die tweede vinnigste vingers

Woorde moet rangskik word in die volgorde waarin dit in ’n titel van ’n Anneli van Rooyen-treffer voorkom. Dit het Riette net 3.439 sekondes geneem om dit reg te kry.

Riette (45) werk as ’n veiligheidsbestuurder in Vereeniging. Sy vorder flink deur die vrae tot waar sy moet aandui watter planeet die derde naaste aan die son is. Sy besluit om die gehoor om hulp te vra en hulle kies die aarde. Riette stem saam en dis natuurlik in die kol.

Sy vra vir Rian om hulp met Carl Jung se studieveld. Hy sê dis sielkunde en Riette gaan akkoord daarmee. So behaal sy haar R10 000-vangnet en stel haar volgende vangnet op vraag 8 vir R25 000.

Riette span haar laaste hulplyn in en vra vir 50/50 om die Amerikaanse president te kies wat die oudste was toe hy met sy eerste termyn begin het. Die twee moontlike antwoorde wat op die skerm oorbly, is Ronald Reagan en Joe Biden. Riette is oortuig dat dit Biden is en sy skuif op na R15 000.

Alhoewel sy nie ’n drankie geniet nie, is sy in die kol met garingboom wat gebruik word om tequila te maak en skuif haar totaal op na R20 000 en haar volgende vraag is haar vangnet-vraag.

Maar gaan sy weet watter gholfspeler het met 18 oorwinnings die meeste major-titels ingepalm? Riette sê sy kyk glad nie gholf nie en dat sy kan raai – maar as sy verkeerd is, val haar prysgeld na R10 000. As sy nou volstaan en nie antwoord nie, is daar R20 000 wat op haar wag.

Sy waag dit wel met ’n raaiskoot dat dit Tiger Woods kan wees. Maar sy slaan die putjie mis, want dis Jack Nicklaus wat met daardie rekord spog. Daar is darem die troosprys van R10 000 wat saam met haar huis toe gaan!


Wie word ’n miljoenêr saai weekliks op Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uit. Episodes is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies