Menu terloops
In Gons [26 Aug 2025]

Wie is die nuwe gesigte in ‘Diepe Waters’? Ontmoet die Viljoen-gesin 


Die akteurs Izak Davel en Christel van den Bergh lei die ambisieuse Viljoen-gesin wat vandeesweek hul opwagting in ‘Diepe Waters’ maak. Die Viljoens mag dalk van buite onaantasbaar lyk – ’n perfekte sport-dinastie – maar agter geslote deure is daar intense mededinging, onderdrukte drome en die tol wat toksiese verwagtinge eis…

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

Wie is die nuwe gesigte in ‘Diepe Waters’? Ontmoet die Viljoen-gesin 

In Dinsdag 26 Augustus se episode van kykNET (DStv-kanaal 144) se telenovela Diepe Waters ontmoet kykers die ambisieuse Viljoen-gesin. Hierdie gesin, gelei deur die voormalige Olimpiese atlete Schalk en Leandri Viljoen, is meer as net ’n huishouding – hulle is ’n handelsmerk, ’n besigheid, en ’n krag waarmee rekening gehou moet word.

Die patriarg en matriarg van die gesin word vertolk deur Izak Davel en Christel van den Bergh – twee geliefde akteurs wat oplaas na die kassie terugkeer. Hul kinders, Marco, Danie en Hanneli, word vertolk deur drie opkomende akteurs – Xander Venter, Chartyn van Heerden en Carla Schönfeldt.

Diepe Waters
Die Viljoen-gesin doen dinge ’n bietjie anders as wat die ander inwoners van Boskruin aan gewoond is… Foto’s: Skermgrepe

Wie’s wie?

Die patriarg: Schalk Viljoen 

Izak Davel, bekend vir sy deurbraakrol in Egoli, vertolk Schalk Viljoen – ’n voormalige Olimpiese marathon- en triatleet, wie se lewe deur dissipline, ambisie en beheer gekenmerk word. Schalk het sy sportloopbaan in ’n winsgewende sosiale media-heerskappy omskep.

Tuis het sy meedoënlose dryfkrag egter ’n prys. Schalk speel sy twee seuns teen mekaar af in die oortuiging dat kompetisie grootheid kweek, en hy dwing sy dogter om by sy visie in te pas. Schalk word hoog geag in die sportwêreld, maar is gevrees in sy eie huis. 

diepe Waters
Die patriarg en matriarg van die Viljoen-gesin word deur Izak Davel en Christel van den Bergh vertolk.

Die matriarg: Leandri Viljoen 

Kykers sal Christel van den Bergh herken van haar onvergeetlike rol in Getroud met Rugby. In Diepe Waters vertolk sy die rol van Leandri Viljoen – eens ’n Olimpiese hekkiesatleet, nou die gesin se matriarg en beeldbewaarder.

Leandri is elegant, waardig en beskermend oor die Viljoen-handelsmerk. Sy is die gom wat die gesin se openbare beeld aanmekaar hou en versigtig hul foutlose aanlynteenwoordigheid kweek. Al ondersteun sy in die openbaar Schalk se streng leierskap, begin die krake tuis wys soos sy worstel met die impak wat dit op die kinders het.

Die goue seun: Marco Viljoen 

Diepe Waters
Xander Venter as Marco.

Marco, vertolk deur die opkomende talent Xander Venter (Reënboogrant), is die trots van die Viljoen-gesin. Op 19 is hy selfversekerd, gedrewe en het sy pa se “sukses teen alle koste”-mentaliteit volkome aanvaar. Hy is die sterkste van die sibbe, en word daarvoor voorberei om die Viljoen-naam na Olimpiese glorie te dra.

Maar agter sy alfa-houding skuil ’n diep onsekerheid – hy weet sy ouers se liefde is voorwaardelik, en mislukking is nie ’n opsie nie. Sy mededinging met sy broer Danie is sy dryfveer, maar ook sy grootste swakpunt.

Die underdog: Danie Viljoen 

Diepe Waters
Chartyn van Heerden as Danie.

Op 18 is Danie net so talentvol soos Marco, maar baie meer sensitief en introspektief. Danie, gespeel deur Chartyn van Heerden (Binnelanders), volg stilweg bevele, maar hy haat dit om altyd in sy broer se skaduwee te wees. Hy smag na sy ouers se goedkeuring, maar voel onsigbaar langs Marco.

Danie het ’n natuurlike swemtalent, maar droom daarvan om gesien te word as meer as net ’n verlengstuk van die Viljoen-handelsmerk. 

Die stil rebel: Hanneli Viljoen 

Carla Schönfeldt as Hanneli.

Die 17-jarige Carla Schönfeldt vertolk die rol van Hanneli Viljoen – die jongste in die gesin en die sterkste wilskrag van almal.

Anders as haar broers, het Hanneli geen begeerte om aan te hou swem of haar lewe as ’n bemarkingsproduk te leef nie. Sy droom daarvan om uit haar pa se ystergreep te ontsnap en haar eie weg te baan. Vir nou speel sy die rol wat van haar verwag word – maar haar stille rebellie kan óf die gesin se ondergang, óf hul redding wees.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies