Menu terloops

White House Plumbers S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Sep 2023]


Dié “loodgieters” het nie lekke toegestop nie. Inteendeel, hulle het geheime strategies laat uitlek. Kyk ‘White House Plumbers’ nou op Showmax.

Stroom aanlyn

White House Plumbers S1
Kyk lokprent

Die reeks White House Plumbers draai nié om loodgieters nie. Altans, not the real kind.

Die storie is is gegrond op ’n 2007-boek deur die skrywers Egil “Bud” Krogh en Matthew Krogh met die “White House Plumbers” wat eintlik verwys na ’n destydse geheime spesiale ondersoekeenheid.

Dié “plumbers” was daarop gemik om te keer dat geklassifiseerde inligting aan die media gelek work. Dit was dié einste groep wat vir die wêreldbekende Watergate-inbraak verantwoordelik was (en wat dan uiteindelik ook tot president Richard Nixon se ondergang gelei het…)

Nixon’s fixers”, soos E. Howard Hunt en G. Gordon Liddy, ook bekend was, word deur onderskeidelik die altyd-briljante Woody Harrelson en unassuming Justin Theroux vertolk.

Aan die stuur van die reeks is David Mandel van Veep-faam. Dis al wat jy nodig het om te weet dat hoewel die bronmateriaal ernstig is, die uitvoering eerder dié stukkie geskiedenis belig vir die klug wat dit is.


Kyk die reeks vanaf 11 September 2023 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
As jy hou van tranetrekkers
13

Wat om te kyk: Die beste tranetrekkers om jou hart te ontdooi

Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.

Meer
Sien alle opsies