Menu terloops

White House Plumbers S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Sep 2023]


Dié “loodgieters” het nie lekke toegestop nie. Inteendeel, hulle het geheime strategies laat uitlek. Kyk ‘White House Plumbers’ nou op Showmax.

Stroom aanlyn

White House Plumbers S1
Kyk lokprent

Die reeks White House Plumbers draai nié om loodgieters nie. Altans, not the real kind.

Die storie is is gegrond op ’n 2007-boek deur die skrywers Egil “Bud” Krogh en Matthew Krogh met die “White House Plumbers” wat eintlik verwys na ’n destydse geheime spesiale ondersoekeenheid.

Dié “plumbers” was daarop gemik om te keer dat geklassifiseerde inligting aan die media gelek work. Dit was dié einste groep wat vir die wêreldbekende Watergate-inbraak verantwoordelik was (en wat dan uiteindelik ook tot president Richard Nixon se ondergang gelei het…)

Nixon’s fixers”, soos E. Howard Hunt en G. Gordon Liddy, ook bekend was, word deur onderskeidelik die altyd-briljante Woody Harrelson en unassuming Justin Theroux vertolk.

Aan die stuur van die reeks is David Mandel van Veep-faam. Dis al wat jy nodig het om te weet dat hoewel die bronmateriaal ernstig is, die uitvoering eerder dié stukkie geskiedenis belig vir die klug wat dit is.


Kyk die reeks vanaf 11 September 2023 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies