Menu terloops

Westworld S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Jun 2022]


Soos ons al dieper in die wêreld van kunsmatige intelligensie beweeg, word ‘Westworld’ al meer relevant. Dit laat ’n mens eintlik sidder.

Kyk nou

Westworld S1-4
Kyk lokprent

Dis twee jaar sedert die afloop van die derde seisoen van Westworld, ’n bekroonde distopiese reeks wat sedert sy 2016-debuut ’n TV-fenomeen geword het.

Westworld is deur Jonathan Nolan en Lisa Joy geskep.

Vir die vierde seisoen keer onder andere Evan Rachel Wood, Thandie Newton en Ed Harris terug om die gevolge van hebsug en magsbeheptheid in ’n wêreld wat besig is om sy laaste gryntjie menslikheid te verloor, in storietaal oor te dra. 

Die min woorde wat HBO oor die vierde seisoen voor die wêreldwye première op 27 Junie gedeel het, lui bloot so: “’n Donker swerftog oor die lot van leef op aarde.”

Wat ons van die vierde seisoen van Westworld kan verwag, is dus heeltemal duister. Behalwe dat James Marsden skielik weer in die lewe geroep. Dít nadat sy robo-karakter Teddy reeds in die tweede seisoen dood is. En dat Dolores (Rachel Wood) rêrig in die derde seisoen dood is. Dié aktrise keer egter as ’n ander, nuwe karakter tot die storie terug.

Die bemarkingsplakkaat vir die nuwe seisoen gee dalk effe meer weg met die woorde “adapt or die” daarop gedruk. Dit bring ons terug na een van die sterkste temas in die reeks: Die konflik tussen dit wat wetenskap en tegnologie moontlik maak en die etiese vraagstukke wat om dÍt tol.

Die reeks is gegrond op die gelyknamige fliek uit 1973 wat deur Michael Crichton geskryf en geregiseer is.

Episodes word weekliks beskikbaar gestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies