Menu terloops

Westworld S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Jun 2022]


Soos ons al dieper in die wêreld van kunsmatige intelligensie beweeg, word ‘Westworld’ al meer relevant. Dit laat ’n mens eintlik sidder.

Kyk nou

Westworld S1-4
Kyk lokprent

Dis twee jaar sedert die afloop van die derde seisoen van Westworld, ’n bekroonde distopiese reeks wat sedert sy 2016-debuut ’n TV-fenomeen geword het.

Westworld is deur Jonathan Nolan en Lisa Joy geskep.

Vir die vierde seisoen keer onder andere Evan Rachel Wood, Thandie Newton en Ed Harris terug om die gevolge van hebsug en magsbeheptheid in ’n wêreld wat besig is om sy laaste gryntjie menslikheid te verloor, in storietaal oor te dra. 

Die min woorde wat HBO oor die vierde seisoen voor die wêreldwye première op 27 Junie gedeel het, lui bloot so: “’n Donker swerftog oor die lot van leef op aarde.”

Wat ons van die vierde seisoen van Westworld kan verwag, is dus heeltemal duister. Behalwe dat James Marsden skielik weer in die lewe geroep. Dít nadat sy robo-karakter Teddy reeds in die tweede seisoen dood is. En dat Dolores (Rachel Wood) rêrig in die derde seisoen dood is. Dié aktrise keer egter as ’n ander, nuwe karakter tot die storie terug.

Die bemarkingsplakkaat vir die nuwe seisoen gee dalk effe meer weg met die woorde “adapt or die” daarop gedruk. Dit bring ons terug na een van die sterkste temas in die reeks: Die konflik tussen dit wat wetenskap en tegnologie moontlik maak en die etiese vraagstukke wat om dÍt tol.

Die reeks is gegrond op die gelyknamige fliek uit 1973 wat deur Michael Crichton geskryf en geregiseer is.

Episodes word weekliks beskikbaar gestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies