Settlers draai om ’n familie se stryd om oorlewing op Mars.
Dié wetenskapfiksie-drama is op die grens tussen Namibië en Suid-Afrika verfilm, met dié gebied se dorre woestynlandskap wat as die onbewoonbare Mars-landskap uitgebeeld word.
Onder die rolverdeling tel die bekroonde Brooklynn Prince (The Florida Project, Jonny Lee Miller (Elementary, The Crown), Sofia Boutella (Hotel Artemis, Atomic Blonde), Ismael Cruz Córdova (The Undoing, Ray Donovan) en Nell Tiger Free (Game of Thrones).
Die regie is deur die Brit Wyatt Rockefeller, maar heelwat Suid-Afrikaners het deel van die filmspan uitgemaak, waaronder die ster-kinematograaf Willie Nel (Knuckle City, Die Verhaal van Racheltjie de Beer).
Stroom vanaf 3 Maart.
Grand Crew S1
Phil Augusta Jackson (Brooklyn Nine-Nine, Insecure) se nuwe TV-reeks, Grand Crew, volg ’n groep Swart jong volwassenes wat by hul gunsteling-kroeg bymekaarkom. Daar deel hulle mekaar se op- en afdraandes van die lewe en liefde in Los Angeles.
Dis feitlik onmoontlik om nie van die rolverdeling te hou nie – die driedubbele Emmy-benoemde Nicole Byer (A Black Lady Sketch Show) en Echo Kellum is onmiddellikke gunstelinge.
Soos The Mary Sue sê, “Die whip-smart komedie is een van die beste nuwe sitkoms op televisie… Tydens die pandemie het baie kykers na hul gunsteling-troosprogramme, soos The Office en Friends, teruggekeer. Grand Crew is ’n welkome nuwe toetrede tot dié genre, en is hopelik op pad om ’n nuwe classic te word. So sit terug, kry ’n glas wyn, en ontmoet jou nuwe vriende.”
Binge vanaf 9 Maart.
A Discovery of Witches S3
In die laaste seisoen van die A Discovery of Witches-trilogie, keer Matthew en Diana terug na die hede. Maar daar wag tragedie met hul terugkoms uit 1590. Hul vyande word ’n al groter bedreiging én die Book of Life is ook soek.
Die reeks is gegrond op Deborah Harkness se topverkoperboeke, die All Souls-trilogie, en volg ’n Shakespereaanse-resep van verbode liefde tussen dié vampier (Matthew Goode) en heks (Teresa Palmer).
A Discovery of Witches het ’n 83% kritici-gradering op die resensie-webwerf Rotten Tomatoes, asook ’n 8/10-gradering op IMDb. Dit spog ook met verskeie benoemings, waaronder vir die gesiene BAFTA-toekennings.
Binge vanaf 1 Maart.
Vigil
Vigil is deur dieselfde skeppers as die senutergende misdaadreeks Line of Duty vervaardig, en blyk om (gelukkig) ’n soortgelyke onheilspellende atmosfeer te hê.
As ’n bemanningslid aan boord die kernduikboot HMS Vigil dood aangetref word, word ’n polisieondersoek van stapel gestuur. Speurder Amy Silva (BAFTA-wenner Suranne Jones van Gentleman Jack) en Speurder Kirsten Longacre (BAFTA-wenner Rose Leslie van The Good Fight) lei die ondersoek op land én ter see na wat blyk ’n sameswering wat tot in die oppergesagte van Brittanje se nasionale veiligheid-afdeling strek.
Vigil se ensemble-rolverdeling sluit ook ander sterre in, waaronder: Emmy-benoemde Stephen Dillane (Stannis in Game of Thrones), Anjli Mohindra (The Bodyguard), MTV Movie Awards-benoemde Connor Swindells (Adam in Sex Education) en BAFTA-benoemde Gary Lewis (Billy Elliot).
Vigil het ’n 84% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met Wall Street Journal wat dit as “een van die beter rillerreekse van die jaar” beskryf.
Stroom vanaf 1 Maart.
Wu-Tang: An American Saga S1
Wu-Tang: An American Saga speel in die vroeë 1990’s in New York teen die agtergrond van die verwoestende crack cocaine-epidemie af.
Dis in hierdie tyd wat die legendariese hip-hop groep Wu-Tang Clan gevorm is, maar anders as wat die titel voorstel, is dié geen dokkie nie. Dis eerder ’n fiktiewe vertelling oor die groep se ontstaan.
MTV Movie Award-wenner Ashton Sanders (Moonlight) vertolk Bobby Diggsen Black Reel-wenner Shameik Moore (die stem van Spider-Man: Into the Spider-Verse se Miles) is as Sha Raider te sien.
Die reeks is deur die Grammy-benoemde Wu-Tang-leier RZA, saam met Alex Tse (Watchmen) geskep en is vir onder meer ’n Emmy- en drie Black Reel-toekennings benoem, waaronder as beste dramareeks.
Stroom vanaf 1 Maart.
The Hitman’s Wife’s Bodyguard
Die odd couple van die aksiewêreld, Ryan Reynolds se skerpsinnige lyfwag Michael Bryce, en die vuilbek-huurmoordenaar Darius Kincaid (Samuel L. Jackson) is terug. En dinge is…woes.
Dié keer is dit Kincaid se vrou, Sonia (Salma Hayek) wat by Michael om hulp aanklop. Sien, Darius word deur ’n groep mobsters gevangene gehou en Michael moet help red. Soos die trio betaam, is hulle gou in nog groter moeilikheid as hulle by ’n komplot betrek word. Skielik is hulle al wat tussen Europa en ’n wraaksugtige en waansinnige man (Antonio Banderas) staan.
Vanaf 14 Maart. Kyk ook die The Hitman’s Bodyguard hier.
The Father
Anthony is 80, ondeund, woon alleen en wil niks weet van die versorgers wat sy dogter, Anne, voorstel nie. Maar Anne kan nie meer alleen na haar pa omsien nie. Boonop is Anthony se greep op die werklikheid besig om te ontrafel. Soos sy geheue kom en gaan, treur Anne oor die stelselmatige verlies van haar pa.
Verlede jaar het Anthony Hopkins (Silence of the Lambs) op 83 die oudste wenner nog as beste akteur by die Oscars geword.
The Father het ook die Oscar vir beste verwerkte draaiboek gewen en is ook as beste fliek en vir beste byspeler (Olivia Colman van The Crown) benoem. The Father het reeds meer as 30 internasionale toekennings gewen.
The Father het ’n 98% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met die kritici wat die film se “verpletterende empatiese uitbeelding van demensie” prys.
Stroom vanaf 21 Maart.
Ook nuut op Showmax in Maart 2022:
1 Maart 2022
- The Forgotten West Memphis Three
- Mastermind of Murder
- PEN15 S2 Part 2
- Chicago Med S6
- A Million Little Things S3 Part 1
- Ziwe S1
- Brave New World S1
3 Maart 2022
- Bad Hair
- Bending the Rules
- Hairbrained
- Hannibal
- Monster High: Boo York, Boo York,
- Monster High: Haunted,
- Monster High: Welcome to Monster High
- Red Dragon
- Winchester
- The Witch
4 Maart 2022
- After The Thrones S1
- Amanda Seales: I Be Knowin’
- Amy Schumer: Live At The Apollo
- Billy Crystal: 700 Sundays
- Bob Saget: That Ain’t Right
- Bored To Death S1-3
- The Boring Life Of Jacqueline
- The Brink S1
- Carnivale S1-2
- Chris Rock: Kill The Messenger
- Chris Rock: Never Scared
- The Chris Rock Show S1-2
- The Comeback S1-2
- Eastbound & Down S1-4
- From The Earth To The Moon
- Generation Kill
- John Adams
- The Passion
- Show Me A Hero
- Tsunami: The Aftermath
7 Maart 2022
- Playing God
- Sympathy for Delicious
10 Maart 2022
- Superintelligence
- The Bleeder
Monster High: Electrified - Monster High: Great Scarrier Reef
- R.I.P.D.
- Traffik
14 Maart 2022
- Eva
- Four Good Days
- Gladiator
17 Maart 2022
- Barbie: A Fairy Secret
- Cosmic Sin
- Equal Standard
- His Dark Materials
- The Grinch
- Inglorious Bastards
- Fifty Shades Freed
18 Maart 2022
- Flight Of The Conchords S1-2
- Getting On S1-3
- Hello Ladies S1
- How To Make It In America S1-2
- Ja’mie: Private School Girl
- John From Cincinnati S1
- Jonah From Tonga
- Luck S1
- Lucky Louie S1
- Quarry S1
- Wyatt Cenac’s Problem Areas S1-2
21 Maart 2022
- Final Account
- Love, Weddings & Other Disasters
- Spotlight
- The Young Victoria
- Mary Queen of Scots
- The Sparks Brothers
24 Maart 2022
- Come Away
- Let Them All Talk
- First Man
28 Maart 2022
- Extinct
- The Visit
30 Maart 2022
- Wounds S1 (weeklikse episodes)
31 Maart 2022
- Love by Accident
- Oblivion
Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.