Wat om te kyk op Showmax in Januarie – hier is ons top-keuses.
Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.
Boer Soek ’n Vrou S15
Die 15de seisoen van dié gewilde realiteitsreeks word weer deur Marciel Hopkins aangebied. Soos in die verlede is daar tien boere wat na die perfekte pasmaat soek. Jy kan meer oor vanjaar se boere – nege mans en een vrou – hier lees. Die reeks word ook op DStv en DStv Online uitgesaai.
Van die vorige seisoene is ook op Showmax beskikbaar om te stroom.
Billions S6
Billions se sesde seisoen begin met ’n nuwe baas op die plaas. Mike Prince (die briljante Corey Stoll) het immers die Axe Capital-troon van Bobby “Axe” Axelrod (Damian Lewis) oorgeneem, maar dit beteken geensins dat almal nou vredeliewend hul swaarde neerlê nie. Inteendeel. Chuck Rhoades (Paul Giamatti) is vas oortuig dat niemand soveel rykdom – of mag – moet hê nie en maak werk daarvan om die nuwe “prins” se planne om te dolwe. Dít midde nuwe alliansies wat onder Prins en sy regterhand, Scooter Dunbar (Daniel Breaker) se bewind gevorm word.
Ook in die rolverdeling hierdie seisoen is Sakina Jaffrey, Campbell Scott en Wendie Malick. Die dramareeks se sesde seisoen het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes is reeds vir ’n sewende seisoen hernu.
Binge vanaf 2 Januarie.
Run the World S1
Run the World is verlede jaar op DStv uitgesaai en is later vandeesmaand op Showmax beskikbaar. Die komediereeks draai om die lief en leed van ’n hegte groep vriendinne wat in Harlem, New York, woon, werk en (meestal) floreer. Terwyl Whitney (Amber Stevens West), ’n bankier, haar troue beplan, is Renee (Bresha Webb) se huwelik op die rotse. Skrywer Ella (Andrea Bordeaux) skryf vir ’n nuwe aanlynpublikasie en Sondi (Corbin Reid) is ’n student wat met haar universiteitsadviseur uitgaan. Die reeks herinner baie aan die ikoniese reeks Girlfriends wat vanaf 2000 tot 2008 op die lug was.
Die reeks het 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Variety skryf oor die reeks: “Deur stories te vertel oor verhoudingsdinamika en vroue wat hul dertigs met ’n mengsel van vrees en vasberadenheid ingaan, vertel Run the World tydlose stories met sy eie geestige aanslag.”
Vanaf 27 Januarie op Showmax.
The Cleaning Lady S2
The Cleaning Lady, gegrond op die Argentynse reeks La Chica que Limpia, is ’n bloederige misdaaddrama. Dit draai om ’n dokter, Thony De La Rosa (Elodie Yung van The Hitman’s Bodyguard), wat haar lewe in die Fillipyne agterlaat en saam met haar sieklike seun na Amerika trek. Maar haar hoop om die mediese behandeling te bekom wat haar seun se lewe kan red, begin kwyn as die een probleem ná die ander opduik. Sy begin noodgedwonge as ’n skoonmaker werk en dís dan ook hoe sy by die gevaarlike wêreld van georganiseerde misdaad betrokke raak.
Die reeks, wat al met Breaking Bad (a bit of a stretch, but okay…) vergelyk is, word deur Paste beskryf as “ ’n portret met ’n snelle pas van ’n vrou wat tot die uiterste beproef word en gedwing word om moeilike besluite vir haar gesin se welstand te neem… Yung se vertoning is gevul met warmte, vasberadenheid en moed.”
Kyk die tweede seisoen vanaf 26 Januarie.
This England
In This England neem die veelbekroonde akteur en storieskepper Kenneth Branagh die rol van Boris Johnson in.
Die reeks vertel oor Johnson se ontstuimige bewind as Britse premier soos hy worstel met die Covid-19-pandemie, die implikasies van Brexit, en neem ook sy omstrede persoonlike lewe en politieke skuiwe onder die loep. Die sesdelige dramareeks se regisseur is die BAFTA-wenner Michael Winterbottom, bekend vir sy werk op Welcome to Sarajevo.
In hul vyfster-resensie beskryf The Evening Standard This England as “pragtige televisie, geskiedenis op die skerm gedistilleer… Kyk dit en huil.”
Vanaf 16 Januarie beskikbaar om te stroom.
Flatbush Misdemeanors S2
In Flatbush Misdemeanors vertolk Kevin Iso en Dan Perlman jare lange vriende en die storie volg hul lewens, verhoudings en vriendskap in Flatbush, Brooklyn. Die reeks, nou in sy tweede seisoen, is gegrond op die bekroonde 2017 digitale reeks en het ’n 100%-gradering op Rotten Tomatoes. Vulture het die reeks ook by sy lys van die beste TV-programme van 2022 ingesluit. Soos hulle dan ook sê: “Elke episode van Flatbush Misdemeanors is propvol skerp sosiale kommentaar en aangename vertolkings… Die hart van die reeks is egter oor die moeite wat nodig is vir die instandhouding van die verhoudings wat die meeste vir ons beteken, maar wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.”
Binge vanaf 12 Januarie.
Nuwe flieks op Showmax in Januarie
Top Gun: Maverick
Die grootste lokettreffer van 2022 het ook ’n punt van 96% op Rotten Tomatoes en die Daily Telegraph beskryf dit as “die beste aksiefliek sedert 2015 se Mad Max: Fury Road.
Stroom dit vanaf 23 Januarie.
House of Gucci
Dié biografiese misdaaddrama, met onder andere Lady Gaga en Adam Driver in die rolverdeling, vertel die skokkende ware verhaal van die familie wat die grootse Italiaanse Gucci-moderyk geskep het. Die regie is deur die Oscar-benoemde filmmaker Ridley Scott. Stroom die fliek vanaf 5 Januarie.
Licorice Pizza
Licorice Pizza is deur NPR as “heel moontlik vanjaar se beste fliek” bestempel. Die komedie-drama speel in die 70’s af en volg die ontwikkeling van ’n jong paartjie se verhouding. Die fliek het ’n punt van 91% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en die regie is deur die meester Paul Thomas Anderson. Stroom vanaf 9 Januarie.
Jurassic World: Dominion
Dié fliek speel vier jaar ná die vernietiging van Isla Nublar af. Dinosaurs leef – en jag – nou die wêreld oor. Stroom vanaf 16 Januarie (datum nog onbevestig).
Together
In Together word ’n paartjie se verhouding deur die Covid-19-inperking tot die uiterste beproef. Die hoofrolle word deur die bekroonde James McAvoy en Sharon Horgan vertolk. The Observer beskryf die fliek as “spanningsvol, uitlokkend, snaaks en hartverskeurend”. Stroom vanaf 30 Januarie.
Downton Abbey: The Movie
Die fliekvertakking van die immergewilde en bekroonde reeks Downton Abbey sien hoe die Crawley-familie en hul personeel vir ’n grootse oomblik voorberei: ’n koninklike besoek van die koning en koningin van Engeland. Dis natuurlik nie lank nie of die toekoms van Downton beland midde ’n skandaal in troebel water. Stroom vanaf 23 Januarie.
Kindred
’n Swanger vrou word deur hallusinasies geteister en sy begin vrees vir haar ongebore kind se veiligheid. Stroom vanaf 26 Januarie.
Get Out
Die fliek volg ’n jong, Swart man (Daniel Kaluuya) wat gruwelike geheime ontdek as hy die familie van sy wit meisie (Allison Williams) ontmoet. Dit blyk gou dat niks is soos dit voorkom nie. Dié sielkundige riller se regie is deur Jordan Peeleen hy het ook die Oscar vir beste draaiboek vir sy skrywe gewen. Stroom vanaf 26 Januarie.
Ook nuut op Showmax in Januarie 2023
1 Januarie 2023
- Bad Neighbours
- Bad Neighbours 2: Sorority Rising
2 Januarie 2023
- Amabishop S2
- Captain Underpants
- The Addams Family 2
4 Januarie 2023
- Hillside Strangler: Devil In Disguise S1
5 Januarie 2023
- Little Darlings
- Mntase S1
- Slank S7
9 Januarie 2023
- 47 Ronin
- Breaking Them Up
- Ngishade O’Wrong S1
11 Januarie 2023
- Kingdom of Dreams
12 Januarie 2023
- Idols SA S18 (ook op DStv)
- Glam Guru S22
- Moeksie & Patrysie
- Small Engine Repair
- Voyagers
16 Januarie 2023
- Perfect World: A Deadly Game S1
- Siza Mina S1
- The Crossword Mysteries: Riddle Me Dead
- The Crossword Mysteries: Terminal Descent
- The House Next Door: Meet the Blacks
- Single Kiasi S2 (weeklikse episodes)
19 Januarie 2023
- American Boogeyman
- Koffie en Sigarette
- Ebukhosini S1
- Paranormal Activity: Next of Kin
- The Dead Don’t Die
- Verslag S7
20 Januarie 2023
- Once Upon a Time in Londongrad S1
23 Januarie 2023
- Bean
- Twice As Bold S1
- Wura (4 episodes per week)
- The First Lady S1
24 Januarie 2023
- Big Brother: Faceoff S1
25 Januarie 2023
- Yvonne Orji: A Whole Me
26 Januarie 2023
- Alieu the Dreamer
- Net Koffie
- Ses van die Een
- Wegbreek
27 Januarie 2023
- The Real Housewives of Durban S3 (nuwe episodes word weekliks vrygestel tot en met 14 April met die reünie-episode wat na verwagting in Mei plaasvind)
30 Januarie 2023
- Minions: The Rise of Gru