Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Feb 2022]

Wat om te kyk op Showmax in Februarie 2022


Die tweede seisoen van ‘Raised by Wolves’, die meevoerende dramareeks ‘Nêrens, Noord-Kaap’ en die dokumentêre reeks ‘Sex in Afrikaans’ tel onder Februarie se hoogtepunte op Showmax.

Wat om te kyk op Showmax in Februarie 2022

Raised by Wolves, wat in Suid-Afrika geskiet is, speel af ná die vernietiging van die aarde en draai om twee androïede wat mensekinders op ’n geheimsinnige planeet, Kepler-22b, moet grootmaak.

Dié HBO Max-trefferreeks is vir verskeie toekennings benoem en is deur Inverse bestempel as “Ridley Scott se beste wetenskapfiksie sedert Alien…daar is geen TV-reeks soos dit nie.” 

Die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise Kim Engelbrecht (Reyka, The Flash) sluit ook in die tweede seisoen by die rolverdeling van dié wetenskapfiksie-dramareeks aan. 

Seisoen 2, wat weer in Kaapstad verfilm is, sien hoe die Android-paartjie Mother (Amanda Collin) en Father (Abubakar Salim) saam met hul kroos van ses mensekinders, by ’n nuutgevormde ateïstiese kolonie in Kepler-22b se geheimsinnige tropiese sone aansluit. Maar om hierdie vreemde nuwe samelewing uit te pluis, is net een van hul uitdagings synde Mother se “natuurlike kind” dreig om die bietjie oorblyfsels van die menslike ras tot uitsterwing te dryf.

Die eerste seisoen was een van Showmax se top-10 reekse met die hoogste kykertalle in 2021. 

Stroom die eerste drie episodes op 4 Februarie, met nuwe episodes elke Vrydag tot 25 Maart. Binge ook die eerste seisoen hier.

Transplant S1

Transplant is ’n dramareeks wat handel oor Bashir “Bash” Hamed, ’n vlugteling uit Sirië wat poog om sy loopbaan as ’n dokter by die ongevalle-eenheid van die fiktiewe York Memorial-hospitaal in Toronto te herbou.

Wall Street Journal beskryf Transplant as “die beste mediese reeks op Amerikaanse televisie”. Dit is reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

Binge vanaf 1 Februarie 2022.

Nêrens, Noord-Kaap

As jy dit op kykNET misgeloop het, kan jy nou hierdie sublieme, pragtige reeks op Showmax kyk. Dis dalk effe swaar vir ’n binge-sessie – vat eerder jou tyd en beweeg met verwondering deur die episodes, en geniet elke besondere detail – van die uitmuntende toneelspel en musiek, tot die dorre, uitgestrekte landskap wat, as jy filosofies wil raak, eintlik die protagonis van die reeks is.

Die premis: Drie vervreemde broers vind die kronkelpad terug na hul ouerplaas in die dorre Noord-Kaap, Nêrens, waar hulle die geheime, hartseer en waarheid oor hul ma se dood moet aanspreek om uiteindelik heling te vind. 

Die storie is gegrond op die gelyknamige verhoogstuk deur Nico Scheepers wat in 2017 sy debuut gemaak het. Dit is sedertdien wyd geloof en Scheepers se omskepping van sy hartroerende verhaal na ’n TV-reeks is iets meesterlik. 

Die hoofkarakters word deur dieselfde rolverdeling as in die teaterstuk vertolk met De Klerk Oelofse, Albert Pretorius en Geon Nel as die drie broers Andries, Ronnie en Frans. Elkeen slaan hul eie koers in ná Ronnie se troue. Frans bly op die plaas agter, Andries reis oor die wêreld heen, en Ronnie is in die Kaap met ‘n kind ‘n verbrokkelde huwelik.

Dis ’n sameloop van tragiese omstandighede wat hulle aanvanklik uitmekaar dryf, maar dis dieselfde tragiese omstandighede wat hulle weer bymekaarbring wanneer hulle genoodsaak word om die wonde uit hul kinderjare aan te spreek in hul soeke na verlossing.

Vanaf 21 Februarie.

Sex in Afrikaans

Kliek deur om die lokprent op YouTube te kyk.

Sex in Afrikaans volg kliniese sielkundige Bradley R Daniels soos hy vier Afrikaanse paartjies, asook twee enkellopendes, help om prontuit oor hul sekslewe te praat.

In kort: Sex in Afrikaans wys wat werklik agter geslote deure gebeur – en dui ook op die noodsaaklikheid om openlik en sonder vooroordeel daaroor te praat.

Daar is onderhoude met sekswerkers, swingers, dominatrixes, ’n fopdosser, ’n dungeon master (jy sal maar self moet kyk), mense wat soos babas aantrek vir hul seksuele plesier en ander wat vollengte latex-pakke verkies.

Daar wag ook sekspoppe, mummifikasie, ’n opwip-sekswinkel in Parys (die een in die Vrystaat, mense), om nie eers te praat van die naakte waarhede wat uit die monde van mense soos Loslyf-stigter, Joe Theron, en Luvland-eienaar, Patrick Meyer, kom nie. 

Hierdie Showmax Original is deur die TV- en radio-persoonlikheid Rian van Heerden se maatskappy, Provoco, vervaardig.

Vanaf 14 Februarie.

The Wife S2

The Wife S2 on Showmax.
Khanyi Mbau as Zandile in The Wife S2.

Showmax se eerste telenovela uit sy eie stal keer ná ’n uiters suksesvolle eerste seisoen terug na die kassie. Die tweede seisoen is gegrond op Dudu Busani-Dube se boek, Zandile the Resolute, wat volg op die topverkoper-verhaal, Hlomu the Wife.

Die storie draai om agt broers – ook ’n formidabele misdaadfamilie – en word vertel vanuit die perspektief van die vroue wat vir hulle lief is.

Zandile (Khanyi Mbau), is die vrou van Nkosana (Mondli Makhoba) en die matriarg van die familie; die gom wat die broers bymekaar gehou het – totdat Hlomu haar rol  in haar afwesigheid oorgeneem het…

Nuwe episodes elke Donderdag, vanaf 17 Februarie 2022. Binge ook S1 hier.

Glasshouse

Glasshouse speel af nadat The Shred, ’n virus wat demensie veroorsaak, die mensdom laat rondswerf soos verlore en gevaarlike diere wat nie kan onthou wie hulle is nie. Midde dié krisis, skuil ’n gesin in ’n lugdigte glashuis, maar as ’n vreemdeling opdaag, word hul lewens omgedolwe. 

Glasshouse het sy wêreldpremière by die 25ste Fantasia Internasionale-filmfees in Montreal, Kanada gehad, en het verskeie vyfsterresensies en ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes ontvang.

Film Threat se Lorry Kitka het Glasshouse as haar “gunsteling film van die jaar tot dusver” vir 2021 uitgesonder; volgens Exclaim is “Kelsey Egan ’n filmmaker om dop te hou”, en Pop Culture Planet het Jessica Alexander in hul lys van die beste optredes van 2021 ingesluit (in goeie geselskap saam met akteurs soos Jennifer Coolidge in The White Lotus en Fiona Dourif in Chucky….)

Glasshouse is die eerste van ’n driedelige post-apokaliptiese verhaal wat deur Showmax met Local Motion Pictures, en in samewerking met Crave Pictures, vervaardig is.  

Stroom vanaf 7 Februarie.

B Positive 

B Positive draai om Drew (Thomas Middleditch, Silicon Valley), ’n terapeut en pasgeskeide pa. Hy het ’n nierskenker nodig en wanneer hy vir Gina (Annaleigh Ashford), ’n vrou uit sy verlede raakloop, bied sy aan om sy skenker te wees. Dit lei tot ’n onwaarskynlike en lewensveranderende vriendskap.

B Positive is vir twee 2021 Emmy’s benoem en het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Binge vanaf 1 Februarie 2022.

Ook nuut op Showmax in Februarie 2022:

1 Februarie

  • The Good Fight S5 
  • Brooklyn Nine-Nine S8 
  • C.B. Strike: Lethal White
  • 4400 
  • A.P. Bio S4 
  • Are You Afraid of the Dark S2: Curse of the Shadows
  • Black Art: In the Absence of Light
  • Dexter: New Blood

3 Februarie

  • The Courier 
  • I Give It A Year 
  • Loving Pablo
  • Wat Is Waarheid? S1
  • Judas and the Black Messiah
  • Mush-Mush and the Mushables S1 
  • Lioness

4 Februarie 

  • Shark With Steve Backshall
  • Brain Surgeons: Between Life And Death S1

7 Februarie

  • Despicable Me
  • Despicable Me 2 
  • Minions 
  • Don’t Tell a Soul
  • The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society
  • Koppieteefontein S1
  • Last Night
  • A Little Bit of Heaven
  • Archibald’s Next Big Thing Is Here S1
  • The River S5

10 Februarie

  • All My Life 
  • Bel Ami 
  • A Bridesmaid in Love 
  • Every Day 
  • A Guy Thing 
  • The Nutty Professor 
  • The Nutty Professor II: The Klumps 
  • Romeo and Juliet 
  • Weskusbewoners S1
  • Moominvalley S3
  • Mr Johnson

14 Februarie

  • Charlie St Cloud 
  • Forgetting Sarah Marshall 
  • Noddy Toyland Detective S2 
  • You, Me & Dupree
  • Wild Mountain Thyme
  • Welcome to the Family 
  • No Love Lost

17 Februarie

  • Billionaire Boys Club 
  • Blood and Money 
  • Boy Erased
  • Lovers and Liars 
  • Wat Dit Vat S1
  • Arbitrage
  • The Little Things 
  • Shadow in the Cloud 

20 Februarie

  • Tom & Jerry

21 Februarie

  • Barbie: A Fairy Secret  
  • Barbie: The Pearl Princess 
  • Barbie: Spy Squad 
  • Face 2 Face S1 
  • Get Him to the Greek 
  • The Hollow Point 
  • Mojave
  • Nêrens, Noord-Kaap

24 Februarie

  • Breaking In 
  • The Misfits 
  • R.L. Stine’s Mostly Ghostly: One Night in Doom House
  • The Runner 
  • Peppermint

28 Februarie

  • Angry Birds Bubble Trouble S1 
  • Crisis 
  • Frankie & Alice
  • Our Kind of Traitor 
  • Welcome to Marwen
  • Spoorloos 3: Steynhof
  • Late Bloomer

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies