Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Nov 2021]

Chucky


’n Ou Chucky-pop is te koop by ’n tafelverkoping by ’n huis in ’n idilliese Amerikaanse dorpie en kort voor lank is daar ’n rits skrikwekkende moorde. Die lê die […]

Kyk nou

Chucky
Kyk lokprent

’n Ou Chucky-pop is te koop by ’n tafelverkoping by ’n huis in ’n idilliese Amerikaanse dorpie en kort voor lank is daar ’n rits skrikwekkende moorde. Die lê die dorp se geheime bloot in hierdie splinternuwe Chucky-reeks, ‘n opvolg op die sewende fliek in die reeks.

Die reeks is geskep deur Don Mancini (Bride of Chucky, Child’s Play) en in die rolverdeling is die Oscar-benoemde Brad Dourif (The Lord of the Rings se Wormtongue en One Flew Over the Cuckoo’s Nest se Billy Bibbit) as die stem van die reeksmoordenaar Chucky en die kinderakteur Zackary Arthur (Transparent) as Jake Wheeler.

Oscar-benoemde Jennifer Tilly (Bullets over Broadway, Bound) is terug as Tiffany Valentine, en Alex Vincent (Child’s Play) is weer Chucky se aartsvyand Andy Barclay. Christine Elise is weer Andy se pleegsuster, Kyle. Kyk ook uit vir Fiona Dourif (The Stand, The Blacklist, The Purge) wat terugkeer as Nica Pierce.

Kyk Chucky op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies