Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Apr 2023]

Wat om te kyk op Showmax in April 2023


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: Die tweede seisoen van die bekroonde riller-drama ‘Yellowjackets’, die finale seisoen van die briljante ‘Barry’ met Bill Hader, die volgende aflewering van die intense ‘Gangs of London’, en nog.

Wat om te kyk op Showmax in April 2023

Wat om te kyk op Showmax in April – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Yellowjackets S2 

Die bekroonde Yellowjackets is terug vir ’n tweede seisoen. Dié sielkundige riller-dramareeks se eerste seisoen het ’n seldsame 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is vir sewe Emmy-toekennings benoem.  

Yellowjackets vertel die verhaal van ’n talentvolle hoërskool-meisiesokkerspan van New Jersey wat ’n vliegtuigongeluk diep in die Ontario-wildernis in Kanada wonderbaarlik oorleef. Wat volg is ’n stryd om oorlewing totdat hulle 19 maande later uit die wildernis gered word.

Soos met die eerste seisoen word terugflitse weer gebruik om die verlede – waarin die oorlewendes in waansin en kannibalisme verval – met die traumatiese, komplekse nagevolge in die hede te verbind.   

Die tweede seisoen beloof om minstens ’n paar van kykers se brandende vrae te beantwoord, maar daar is nog baie kinkels op pad. Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Weeklikse episodes vanaf Saterdag, 1 April 2023, op Showmax. 

Barry S4 

In HBO se donker komediedrama, Barry, vertolk Bill Hader die rol van ’n huurmoordenaar wat heel toevallig sy passie vir toneelspel in uiters ongewone omstandighede ontdek.

In die vierde – en finale – seisoen, het Barry se inhegtenisneming skokkende gevolge.

Hader het reeds twee Emmys en twee Critics Choice-toekennings gewen vir sy uitmuntende vertolking van dié komplekse karakter. Henry Winkler het ook reeds ’n Emmy-toekenning en twee Critics Choice-toekennings gewen vir sy spel as Gene Cousineau, Barry se toneelspel-afrigter.  

Variety het die derde seisoen van Barry as ” ’n meesterstuk” beskryf. “Snaakser en skerper as ooit,” met ” ’n merkwaardige vertoning deur Hader”. The Daily Beast noem dit “die beste program op TV,” en die LA Times wat skryf: ” ’n meesterklas … een van TV se beste spanningsvolle rillers.”

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 24 April 2023, op Showmax. 

Irma Vep

Die Sweedse aktrise Alicia Vikander vertolk Mira Harberg in dié drama oor ’n Amerikaanse aktrise wat na Frankryk verhuis om die rol van Irma Vep in ’n herverwerking van die klassieke Franse stilprent, Les Vampires, te vertolk. Dis ’n binnekring-blik – ’n fiktiewe vertelling gegrond op die werklike gebeure agter die skerms op dié stel. 

Die reeks spog met ’n punt van 95% op Rotten Tomatoes met die Daily Telegraph se resensent wat dit beskryf as “geestig, gesofistikeerd… Selde minder as geheel en al boeiend.”

Binge die hele reeks vanaf 7 April 2023 op Showmax.

Gangs of London S2

Die tweede seisoen van Gangs of London hervat die verhaal sowat ’n jaar ná die dood van die bendebaas Sean Wallace met ’n nuwe, wrede magsorde wat in London heers. . 

Die reeks is deur Gareth Evans en Matt Flannery geskep met onder andere Paapa Essiedu, Lucian Msamati en Michelle Fairley in die rolverdeling. 

In hul vierster-resensie, skryf The Independent só oor die tweede seisoen: “Die plesier van die reeks is deur die jare onveranderd: onberispelike gechoreografeerde vegtonele, ’n vinnige tempo en slim, meesleurende regie met spanning as die kernwoord.”

Gangs of London het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 10 April 2023, op Showmax.

Litvinenko

Alexander Litvinenko, ’n voormalige Russiese spioen en Kremlin-kritikus, sterf in ’n Londense hospitaalbed, maar nie voordat hy president Vladimir Poetin van sy moord beskuldig nie. Dís die premis van die Britse ware misdaaddrama, Litvinenko.

Die BAFTA-wenner David Tennant (Doctor Who) speel Litvinenko, met Margarita Levieva (The Deuce, Adventureland) as sy vrou, Marina.

Den of Geek beskryf dit as “Line of Duty met ’n Russiese kinkel” en ” ’n belangrike, relevante drama.”

Binge vanaf 17 April 2023 op Showmax.

Home Economics S1

Home Economics is ’n blik op die soms hartverwarmende, soms frustrerende, soms ongemaklike verhouding tussen drie sibbe wat elk in ’n ander inkomstegroep val. Terwyl die een sukkel om kop bo water te hou, is een middelklas en die ander een stinkryk. 

Emmy-wenner Topher Grace speel Tom, ’n gesinsman en sukkelende skrywer, terwyl Jimmy Tatro die superryk jongste broer, Connor, vertolk. Caitlin McGee is Sarah, die middelkind en ’n terapeut wat skaars genoeg verdien om haar twee aangenome kinders te voed.

Die eerste seisoen het ’n punt van 82% op Rotten Tomatoes. TVLine skryf: “Dit is soms moeilik om oor geld te praat, maar Home Economics vind ’n manier om dit amper pret te maak. 

Binge vanaf 27 April 2023 op Showmax. 

Transplant S2

Transplant is ’n dramareeks wat handel oor Bashir “Bash” Hamed, ’n vlugteling uit Sirië wat poog om sy loopbaan as ’n dokter by die ongevalle-eenheid van die fiktiewe York Memorial-hospitaal in Toronto, Kanada te herbou. 

In die tweede reeks, ontmoet kykers ’n vrou uit Bashir se verlede. 

Volgens The Wall Street Journal is Transplant “die beste mediese program op Amerikaanse televisie”, terwyl die resensent Anthony Morris Dr. Hamed tussen die huidige gros TV-dokters uitgesonder het as “die mees oortuigende nuwe dokter vandag op TV.” 

Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Die eerste seisoen is reeds op Showmax beskikbaar met die tweede seisoen wat vanaf 3 April 2023 gestroom kan word. 

Die Real Housewives Van Pretoria

Wat om te kyk op Showmax in April 2023 Real Housewives van Pretoria

As jy Die Real Housewives van Pretoria op DStv misgeloop het, kan jy vanaf 13 April dié posh Pretorianers se manewales op Showmax binge.

Die eerste Afrikaanse weergawe van die über-gewilde Real Housewives-franchise was next level met ses glansryke vroue wat hul lewens en huise aan kykers oopgemaak het. Renske Lammerding, Marié Bosman, Talana Khun, Mel Viljoen, Rhona Erasmus en Kiki La Coco het vir baie drama gesorg. 

Dié reeks was die vyfde weergawe van die Real Housewives-formaat in Afrika. Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings opgeraap.

Binge die hele reeks vanaf 13 April 2023. Skakel ook vanaf 20 April in op kykNET vir Die Real Housewives van die Wynlande se première. 

Ook nuut op Showmax in April:

3 April 2023

  • Father Stu
  • 6 Guns
  • The Croods: Family Tree S1
  • The Fatal Raid
  • The LEGO Movie
  • The LEGO Ninjago Movie
  • Poena S1
  • Saving General Yang

6 April 2023

  • Jay Jay: The Chosen One
  • Bulletproof
  • Enter The Girl Dragon
  • The Legend of Tarzan
  • Osmosis Jones
  • Sê Jou Sê S1
  • Special Female Force

10 April 2023

  • Unstoppable: The Rebecca Nagel Story 
  • Against All Odds: The Alwyn Uys Story
  • The House
  • Storks
  • Dog
  • Entangled S1

12 April 2023

  • 101 Places To Party Before You Die  

13 April 2023

  • Gold
  • Blood Diamond
  • Horrible Bosses 1 & 2 
  • Vergewe My S4
  • War Dogs and I 

17 April 2023

  • Fool’s Gold
  • Forever Maybe S1
  • Fortress
  • Nancy Drew
  • Cats

19 April 2023

  • Janet Jackson

20 April 2023

  • American Siege
  • CHiPs
  • Date
  • Agteruit
  • Mzansi Icons S1
  • Nataniël | Erik | Wolf S1
  • Sex and the City
  • Sex and the City 2
  • Dragons: The Nine Realms S1

24 April 2023

  • King Arthur: Legend of the Sword
  • The Powerpuff Girls
  • Pursuit
  • Gomora S4

27 April 2023

  • Ambulance
  • Kong: Skull Island 
  • Wedding Crashers
  • Zuba S7 
  • Abominable and the Invisible City S1

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies